English |  Afrikaans |    
  
Departement Ekonomie

Welkom

Welkom by die virtuele tuiste van die Departement Ekonomie aan die Universiteit van Pretoria, een van die voorste akademiese instellings op die Afrikakontinent. Ons is bevoorreg om in Pretoria geleë te wees, wat ook die administratiewe hoofstad van Suid-Afrika en die spilpunt van beleidskepping in die land is. Pretoria is ook naby aan Sandton, die finansiële hoofstad van Suid-Afrika, geleë.

Ons kon ons vergelykende voordeel ten opsigte van ligging finansieer – naburigheid aan Suid-Afrikaanse beleidmakers en finansiële instellings – om uitstekende talent te werf en om die volgende generasie van akademici en beleidmakers op te lei. Ons Fakulteit onderneem navorsing en bied akademiese leierskap op die gebied van monetêre en fiskale beleid, ekonomiese groei en ontwikkeling, gesondheidsbeleid en handelsbeleid. Ons werk ook daaraan om kapasiteit te bou ter ondersteuning van onderrig- en navorsingsdoelstellings wat aan finansiële markte en politiese ekonomie verwant is.

Ons is opgewonde oor Suid-Afrika en die res van die Afrikakontinent se toekomstige vooruitsigte. Die meerderheid van ons Fakulteit se studente kom vanaf Suid-Afrika en vele ander lande op die kontinent, en ons het werksverhoudings met baie Afrika- navorsings-, onderrigs- en ontwikkelingsinstellings.  

Indien u ‘n voornemende student of ouer van ‘n voornemende student is, kan u gerus wees. Ons bied ‘n internasionaal erkende graad aan, terwyl ons studente help om die vaardighede te ontwikkel wat deur die openbare en privaat sektor werkgewers in Suid-Afrika en ander lande vereis word. Ons studente vind beide plaaslik en internasionaal werk en baie van ons studente het suksesvolle studies in Australië, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State van Amerika onderneem.