University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Fakulteit Gesondheidswetenskappe

Nuus en Gebeure

Samevloeiing van patologie en laboratoriumgeneeskunde in die era van P4-geneeskunde
Faculty/Fakulteit
Gelaai op 30 Sep 2014

Die 54ste Internasionale Kongres van die Federasie van Suid-Afrikaanse Patologieverenigings, waarvan die Universiteit van Pretoria se Departement Patologie in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe ín trotse medeaanbieder was, het onlangs by die WNNR se doelgeboude Internasionale Konvensiesentrum plaasgevind. Gedagtig aan die prestige van hierdie kongres het die organiserende komitee ín uitstekende program saamgestel vir diť forum en byeenkoms van patoloŽ en wetenskaplikes in laboratoriumgeneeskunde uit die openbare en die private sektor.

[Lees Meer]

Gesondheidswetenskappe se Fakulteitnavorsingsdag groter en beter!
Ansa Heyl
Gelaai op 29 Aug 2014

Die Navorsingsdag van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe by die Universiteit van Pretoria (UP) waarna met groot afwagting uitgesien is, was ín eklektiese vermenging van navorsing, opvoedkunde en innovasie. Die geleentheid het aan navorsers, asook voor- en nagraadse studente van UP die geleentheid gebied om hul navorsingsbevindings aan die Fakulteit voor te hou. Deelnemers het hul pogings in die vorm van mondelinge en/of plakkaatvoorleggings aangebied.

[Lees Meer]

UP se hoof van Kerngeneeskunde vir grensverskuiwende geneeskunde vereer
Ansa Heyl
Gelaai op 11 Aug 2014

Professor Mike Sathekge, Hoof van Kerngeneeskunde by die Steve Biko Akademiese Hospitaal en Hoof van die Departement Kerngeneeskunde by die Universiteit van Pretoria (UP), is aangewys as die wenner in die kategorie Genootskap in die Kuns en Wetenskap van Geneeskunde van die SAMA-Bonitas-toekennings vir Huisbesoekdokters 2014. Die doel van die SAMA-toekennings is om erkenning te gee aan die uitmuntende prestasies van dokters op hul onderskeie gebiede in die openbare en private sektor.

[Lees Meer]

UP deel van Afrika inisiatief om malaria, ín Afrika-probleem, op te los
Ansa Heyl
Gelaai op 04 Aug 2014

Die Afrika Konsortium vir Malariavaksiennavorsing is op 25 Julie tydens ín simposium oor malariavaksienstudies in Afrika in Akkra, Ghana tot stand gebring. Die Universiteit van Pretoria (UP) is een van die stigterslede van die konsortium en sal saam met die ander lede befondsingsvoorstelle ondersoek.

[Lees Meer]

 
Die volgende Artikels is slegs in Engels beskikbaar:
 
Clinical Laboratory Statistics workshop at Faculty of Health Sciences
Deur Faculty
Gelaai op 29 Sep 2014

Professor Anders Kallner, from the Karolinska institute, Stockholm, Sweden, ran a very successful statistics workshop at the Faculty of Health Sciences on 22-23 September 2014. The workshop was attended by registrars from all over the country, including as far afield as Cape Town and Durban and from all the institutions.

[Lees Meer]

«Besigtig Argiewe  |   Subscribe to Faculty of Health Sciences's news feed