Direkteur van die Instituut vir Onderwysleierskap aan die Jyväskylä Universiteit in Finland versterk bande met die Fakulteit Opvoedkunde
Gelaai op 23 April 2009
Prof. Jukka Alava, Direkteur van die Instituut vir Onderwysleierskap aan die Jyväskylä Universiteit in Finland het die Fakulteit Opvoedkunde van 24 tot 28 Februarie besoek.
Hy het werkswinkels oor die strategiese leersiklus aangebied wat daarop gerig was om strategiese visie en implementeringstrategieë vir die nuutgestruktureerde departemente in die Opvoedkundefakulteit te ontwikkel. Hy het ook ’n sessie waargeneem waarin hy aan die nuutaangestelde Departementshoofde en ander leiers in die Fakulteit leiding gegee het oor hoe om die volgende 18 maande in die Fakulteit se lewe te benader.
Hy het talle vergaderings gehou met relevante rolspelers en sal waarskynlik later na Suid-Afrika terugkeer om opvolgwerk te doen in verband met die Memorandum van Ooreenkoms tussen die Universiteite van Pretoria en Jyväskylä.

Op die foto verskyn (vlnr): Prof. Cycil Hartell (Vroeë Kinderonderwys), dr. Ronel Ferreira (Opvoedkundige Sielkunde), prof. Johan Beckmann (Onderwysbestuur en -beleidstudie), prof. Irma Eloff (Dekaan), prof. Max Braun (Wetenskap-, Tegnologie- en Wiskundeonderwys) en prof. Jukka Alava.
|
|
|