Prestigeryke toekenning vir beste joernaalartikel
Deur Dept of Communication Pathology/Dept Kommunikasiepatologie
Gelaai op 02 Maart 2012
“The Journal of Laryngology and Otology”
Me Barbara Heinze en haar mede-outeurs het die prys vir die beste 2010-artikel in ’n prestigeryke internasionale joernaal verwerf.
The Journal of Laryngology and Otology het in 2010 ′n prys vir die beste referaat in verskillende kategorieë (oorsigte, hoofartikels, kliniese rekords, laboratoriumnavorsing en kort kommunikasie) begin.
Die referaat met die titel "A systematic review of HIV/AIDS-related vestibular disorders" wat deur me Barbara Heinze en prof De Wet Swanepoel van die Departement Kommunikasiepatologie en prof Louis Hofmeyr van die Departement Otolaringologie aan die Universiteit van Pretoria geskryf is, het die prys in die oorsigkategorie ontvang.
Een van die outeurs sal ′n voorlegging by die Royal Society of Medicine in Londen, VK, doen en die prys namens al die outeurs in ontvangs neem.
|
|
|