English |  Afrikaans |    
  
Departement Antropologie & Argeologie

Seminaar en vrystelling van die boek AIDS, politics and music in South Africa deur dr Fraser McNeill

Deur Dept Anthropology and Archaeology/Antropologie en Argeologie

Gelaai op 09 Mei 2012

Dr Fraser McNeill, Senior Lektor in die Universiteit van Pretoria se Departement Antropologie en Argeologie, sal sy nuwe publikasie bespreek en ook gesels oor hoe daar te werk gegaan word om ’n boek deur akademiese uitgewers te laat publiseer. Die seminaar sal gevolg word deur die vrystelling van die boek waar eksemplare van die sagtebanduitgawe te koop aangebied sal word.

Die Universiteit se Fakulteit Geesteswetenskappe en Cambridge University Press nooi u vriendelik uit om die geleentheid by te woon.

Datum: Dinsdag, 15 Mei 2012
Tyd:      15:00–17:00 (seminaar en vrystelling van die boek)
Plek:     Ouditorium van die Merensky-biblioteek, Hoofvlak, UP-Hatfieldkampus
RSVP:  Corena Garnas by 012 420 4895 of
Corena.Garnas@up.ac.za teen Woensdag 9 Mei 2012.

Meer oor die boek:
AIDS, politics and music in South Africa bied ’n vars antropologiese benadering tot die VIGS-epidemie in Suid-Afrika deur aan te toon waarom VIGS-ingrypings in die voormalige Venda-tuisland gefaal het – en moontlik selfs teenproduktief kon gewees het.

Die skrywer doen dit by wyse van ’n reeks etnografiese ontmoetings waarby alles, van konings tot kondome, betrek is, ten einde die redes bloot te lê waarom ’n biomediese begrip van die virus verwerp is en wanbegrippe in die plaaslike begrip van gesondheid, siekte, seks en die dood opgeneem is.

Die boek verduidelik hoe musiek, in die vorm van liedere oor die inisiasie van meisies en VIGS-onderrig, wat deur rondgaande volksangers versprei word, van kardinale belang is ten einde te verstaan hoe VIGS-ingrypings werk. Die boek lê ’n verborge realiteit bloot waar mense sing oor dinge waaroor hulle nie kan praat nie, en waar opvoeders geblameer word vir die verspreiding van die virus en kondome dikwels as die oorsaak van VIGS beskou word. Die beleidsimplikasies is duidelik: VIGS-ingrypings in Afrika kan slegs slaag as die wêreldbeskouings van die mense van Afrika ernstig opgeneem word.
 
Prys: Dié spesiale sagtebanduitgawe word teen R250 te koop aangebied.


Bookmark this page: