Belangrike skakels
MyAcademic LexisNexis - Waardevolle bron van inligting vir studente, dosente en skrywers in die veld van Rekeningkunde, Belasting, Regsgeleerdheid en Menslike Hulpbronne. www.myacademic.co.za
SARS – South African Revenue Services: ‘n skakel na die onlangste ontwikkelings in belastingwetgewing, amptelike belastingvorms en aankondigings wat deur SARS gemaak word. www.sars.gov.za
Departement van Finansies – Die Departement van Finansies van Suid-Afrika: ‘n skakel na die onlangste nuus van die departement wat vir die finansies van die Suid-Afrikaanse nasionale regering verantwoordelik is. www.treasury.gov.za
SAICA – South African Institute of Chartered Accountants: ‘n skakel na Suid-Afrika se voorste rekeningkundige liggaam een van die voorste institute in die wêreld. Hierdie webwerf wil ‘n interaktiewe diens aan lede en voornemende lede van hierdie liggaam bied met betrekking tot ontwikkelings in die Suid-Afrikaanse ekonomie. www.saica.co.za
SAIT – South African Institute of Tax Practitioners: ’n skakel na ‘n toevlug vir belastingpraktisyns om die openbare kennis van die wette wat betrekking het op belasting binne die Republiek van Suid-Afrika te bevorder, om die praktyke van die openbare outoriteite wat belasting administreer te bevorder en om die houding van die regering met betrekking tot belasting te bevorder. www.thesait.org.za
ATI – African Tax Institute: Die ATI is tot opleiding, navorsing en tegniese bystand in die areas van belastingbeleid en belastingadministrasie op die Afrikakontinent toegewyd. www.ati.co.za
SAIPA – South African Institute of Professional Accountants: ‘n skakel na ‘n ander rekeningkundige instituut. SAIPA speel ‘n baie belangrike rol om te verseker dat sy lede in staat is om hul rekeningkundige praktyke te optimaliseer, en om waarde tot hul werknemers in die korporatiewe wêreld toe te voeg en daardeur addisionele welvaart vir die land en sy mense te skep. www.saipa.co.za
|