Belangrike dokumente
Wanneer jy jou aansoek voorberei, sal jy moontlik van die volgende dokumente benodig om te verseker dat jy aan die etiese vereistes voldoen wat wetlik voorgeskryf word, sowel as die vereistes van sommige spesialisvelde, soos Sielkunde.
Maak seker dat jy hierdie dokumente noukeurig deurlees wanneer jy jou aansoek voorberei want dit sal die kwaliteit van die aansoek verbeter en ook 'n vinnige evalueringsproses verseker.
Wetlike dokumente
1. Wet op Gesondheidsberoepe (Wet no 56 van 1974) Etiese kode (Engels)
Indien jy 'n geregistreerde sielkundige is wat navorsing wil doen wat sielkundige handelinge en prosedures insluit, sal jy jouself van die vereistes van hierdie Wet moet vergewis.
2. Die Kinderwet (Wet no 38 van 2005) (Engels)
Jy moet jouself van die inhoud van hierdie wet vergewis indien jy navorsing gaan doen wat kinders as respondente of deelnemers betrek.
Beleidsdokumente
1. Etiese kode vir navorsers - Universiteit van Pretoria (Engels)
Hierdie dokument beskryf die Etiese kode vir navorsers by die Universiteit van Pretoria en benadruk die verantwoordelikhede van personeellede en studieleiers met betrekking tot verskeie aspekte van navorsing en publisering.
2. Raad vir Gesondheidsberoepe - Boekie oor ingeligde toestemming - Engels
In hierdie dokument word verduidelik wat met ingeligde toestemming bedoel word en hoe gesondheidspersoneel geregistreerd onder die Wet op Gesondheidsberoepe te werk moet gaan om ingeligde toestemming te verkry.
3. Raad vir Gesondheidsberoepe - Boekie oor vertroulikheid - Engels
Hierdie dokument, soos die een hierbo verduidelik aspekte van vertroulikheid in die konteks van gesondheidsberoepe.
4. Raad vir Gesondheidsberoepe - Boekie oor algemene riglyne vir goeie praktyk - Engels
Hierdie dokument bevat algemene inligting oor goeie praktyk vir gesondheidspersoneel wat by die Raad vir Gesondheidsberoepe geregistreerd is.
2. Beleidsriglyne vir verantwoordelike navorsing - Universiteit van Pretoria (Engels)
Hierdie dokument beskryf wat verantwoordelike navorsing is, wat die mandaat van die Fakulteit Etiekkomitee is in terme van beleidsvasstelling en beskryf ook wat navorsingswangedrag is, en die prosedure om te volg wanneer 'n klag van navorsingswangedrag gelê word.
|