Dr Elzette Muller wen 2011 Norton Rose Africa-belastingkompetisie
Deur Prof Anton Kok
Gelaai op 25 Oktober 2011
Dr Elzette Muller wen die gesogte 2011 Norton Rose Africa-Belastingkompetisie
Dr Elzette Muller van die Departement Handelsreg is die wenner in die kategorie Doktorale Tesisse van die gesogte 2011 Norton Rose Afrika-belastingkompetisie.
Sy het haar doktorale studies onder die toesig van professor Riël Franzsen in 2010 voltooi, met ’n tesis getiteld "A Framework for Wealth Transfer Taxation in South Africa".
|
|
|