Welkom by die Departement Engels
Welkom by die amptelike webwerf van die Departement Engels by die Universiteit van Pretoria. Ons bied 'n wye reeks kursusse aan op voorgraadse- en nagraadse vlak, asook 'n aantal kortkursusse. Sluit by ons aan vir 'n reis deur van die beste literatuur wat nog ooit geskryf is - durf avontuur aan en ontdek die mees dinamiese taal ter wêreld!

Gebruik ons deskundigheid om self 'n deskundige te word!
Ons personeel sluit bekende navorsers en skrywers soos Andries Wessels, David Medalie en Russell West-Pavlov in. Ander personeel is Molly Brown, Patrick Lenahan, Marc Botha, Antony Goedhals, Kulukazi Soldati-Kahimbaara, Idette Noomé, Tatjana Pavlov-West, Bonnie Kneen, Georg Nöffke, Retha Knoetze, Antoinette Pretorius, en Michelle Joubert, en dan het Farah Ismail, Fiona Covarr en Dewald Steyn ook onlangs by ons aangesluit. 'n Wêreldklas leraar wat jaarliks vir twee maande by ons departement aansluit as gas-dosent is Professor Anthony Chennells.
'n Paar van ons talle specialisnavorsingsgebiede waarop ons personeel en nagraadse studente werksaam is, sluit Afrika- and Suid-Afrikaanse letterkunde in, asook die literatuur van die Renaissance en die agtiende eeu, modernisme en vroeë twintigste eeuse letterkunde, taalstudies (wat taalbeleid, redigering, TESOL, kreatiewe skryfkuns, toegepaste taalstudies en vertaalstudies insluit), kinder- en jeugliteratuur, wetenskapfiksie, Ierse literatuur and koloniale letterkunde.
Ons Professore emeritus is Peter Titlestad en Rosemary Gray.
Elders op hierdie webwerf sal jy gedetailleerde inligting kry oor ons voorgraadse en nagraadse programme, die onderwys- en navorsingsbelangstellings van ons personeellede en nagraadse studente, asook ons mees onlangse publikasies.
|