Kommunikasie en Bemarking
Die Kommunikasie en Bemarking-afdeling van KK&B is vir die implementering van die Universiteit se strategiese korporatiewe bemarkingsplan verantwoordelik. Hierdie plan word uitgevoer deur middel van n' geïntegreerde bemarking kommunikasieprogram wat die volgende insluit:
Interne kommunikasie
Interne kommunikasie fokus op personeel en studente deur middel van kommunikasiekanale soos kampusnuus, kampuswye e-pos en die studente se gekoppelde stelsel.
Klik hier vir kampusnuus
Publikasies
KK&B is vir n' verskeidenheid publikasies verantwoordelik, onder andere die Tukkie en Tukkievaria, sowel as n' reeks korporatiewe verslae.
Jaarverslag
“UP in a Nutshell”
Navorsingsverslag
Mediaskakeling
Die Universiteit van Pretoria kommunikeer met interne en eksterne gehore oor die Universiteit se aktiwiteite. Mediavrystellings word gereeld oor akademiese, navorsings- en gemeenskapbetrokkenheidaktiwiteite uitgereik.
Mediavrystelling
Klik hier vir media vrystelling
Speeches
Klik hier vir toesprake
Webwerf
Die webafdeling bied ondersteuning aan die UP-gemeenskap deur middel van programmering en onderhoud van die webwerf (www.up.ac.za).
Die administrasie van die webwerfinhoudbestuurders
Die voorsiening van HTML- en inhoudbestuurstelsel (CMS) -handboeke vir die webwerfinhoudbestuurders
Opdatering (maar nie opspoor van bronne nie) van inhoud oor die areas van die webwerf waarvoor daar nie inhoudbestuurders toegeken is nie
Vir meer inligting klik asb
Handelsmerkbestuur
Die Kommunikasie- en Bemarkingsafdeling bied advies en leiding ten opsigte van die volgende: die toepaslike gebruik van UP se handelsmerk;
die ontwerp en publikasie van brosjures, plakkate en/of pamflette vir gebruik by promosie- en inligtingsaktiwiteite.
Vir meer inligting klik asb
Kontak ons
Isabel de Necker, Senior Kommunikasiebestuurder
Jimmy Masombuka, Interne Skakelpraktisyn
Marissa Greef, Publikasies
Emmerentia Nel, Webredakteur
of webhelp@up.ac.za
Nicolize Mulder, Mediaskakelpraktisyn
Sanku Tsunke, Mediaskakelbeampte
Petronella Khwane, Handelsmerkbestuurder
of branding@up.ac.za
Buyisiwe Nkonyane, Administratiewe Beampte
|