University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Fakulteit Natuur- & Landbouwetenskappe


/sitefiles/Image/48/Nat and Agric pics/Nat&agric Sciences building 014.jpgFisiese adres
Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Landbouwetenskappe gebou
Grondvloer: Kamer 2-31
Universiteit van Pretoria
Lynnwoodweg
Hillcrest 
Pretoria
Suid-Afrika

Posadres:

Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe
Universiteit van Pretoria
Privaatsak X20 Hatfield
Pretoria
0028 

 

 

 

Aanwysings na UP:

Vanaf die noorde, die hoofingang via Lynnwoodweg:
Vanaf die N1, die Pietersburg-hoofweg, neem die N4 na Witbank en dan in Pretoriusstraat. Draai links in Gordonweg. Volg die M7 Brooklyn-afrit (Gordon word Duncanweg) vir 1.8km (oor verskeie verkeersligte). By die Lynnwoodwegverkeerslig, draai regs en ry 0.8km in Lynnwoodweg. Draai regs by die verkeerslig by die hoofingang van die Universiteit.

Die ingang naaste aan die dameskoshuise:
Vanaf die N1, naam die N4, na Pretoriusstraat. Draai links in Gordonweg. Volg die M7 Brooklyn-afrit (Gordon word Duncanweg) en ry vir 0.8km (oor verskeie verkeersligte). Draai regs in Prospectstraat. Ry vir ongeveer 0.85km verby die dameskoshuise (aan die linkerkant). Ry oor n paar vierrigting stopstrate tot by die ingang.

Vanaf Johannesburg:
Vanaf die N1, neem die R101 Pretoria Oos-afrit (UNISA is nou op die heuwel aan die regterkant). Volg die Brooklyn M7 (regs en dan links) tot by die Fonteine-sirkel. Bly in die baan tweede van regs en neem die Groenkloof afrit by die sirkel. In George Storrarlaan ry 2.6 km en draai links in Koningin Wilhelminalaan. Ry vir 1.1 km, draai regs in Nicolsonstraat, ry 0.6 km, draai links in Roper. Die hoofingang van die Universiteit is 1.1 km verder aan die einde van Roper in Lynnwoodweg.

Vanaf Oliver Tambo Nasionale Lughawe:
Neem die Pretoria afrit by die lughawe tot by die Fonteine-sirkel. Neem die Groenkloof of Brooklyn-afrit (ongeveer 270 degrees om die sirkel). In George Storrarlaan, ry 2.6 km en draai links in Koningin Wilhelminalaan. Ry 1.1 km, draai regs in Nicolsonstraat, ry vir 0.6 km en draai links in Roper. Die hoofingang van die Universiteit is 1.1km aan die einde van Roper in Lynnwoodweg.

Vanaf die weste:
Vanuit Schoemanstraat, draai regs in Hillstraat. Ry vir 0.8km (daar is n draai na links na 0.3km in Burnettstraat oor verskeie verkeersligte). Draai regs in Roperstraat. Die Roper- en Prospectstraat ingang is 0.1km verder in Roperstraat.

Padkaarte