English |  Afrikaans |    
  
Eeufees

Internasionale gedragsekoloog bied Eeufeeslesing aan


Gelaai op 18 Julie 2008

Prof Raghavendra Gadagkar bied ÿ geanimeerde aanbieding oor die sosiale lewe van perdebye
Prof Raghavendra Gadagkar bied ÿ geanimeerde aanbieding oor die sosiale lewe van perdebye

Internasionale gedragsekoloog en sosiobioloog prof Raghavendra Gadagkar van die Centre for Ecological Studies aan die Indian Institute of Science in Bagalore, Indië, het op 15 Julie 2008 'n Eeufeeslesing aan die Universiteit aangebied.

Internasionale gedragsekoloog en sosiobioloog prof Raghavendra Gadagkar van die Centre for Ecological Studies aan die Indian Institute of Science in Bagalore, Indië, het op 15 Julie 2008 ’n Eeufeeslesing aan die Universiteit aangebied.

Die internasionaal bekende wetenskaplike vind die oorsaak en evolusie van samewerking tussen sosiale insekte fassinerend en het aspekte van sy navorsing oor die sosiale struktuur van die spesie Ropalidia marginata (perdebye) aangebied.

Gadagkar het sy onderwerp "Interrogering van 'n inseksamelewing" deur middel van 'n reeks vrae aangebied: "Hoekom is miere, bye en perdebye sosiaal?" en "Wat is die evolusionêre voordele van sosiale lewe bo 'n alleenstaande lewe ?" Sy antwoorde is geformuleer na aanleiding van die volgende vrae: "Hoe is hulle sosiaal?" en "Wat is die meganismes van sosiale organisasie, kommunikasie, werksverdeling, ens?"

Sy fassinerende aanbieding het die dominansie-hiërargie in die insekkolonies, die koningin se gedrag en die fenomeen van 'n potensiële koningin, of aangewese opvolger, verduidelik.

Kliek hier vir 'n kort video-weergawe van sy lesing.

Prof Gadagkar is Professor en "JC Bose National Fellow" aan die Centre for Ecological Sciences, Indian Institute of Science en Voorsitter van die Centre for Contemporary Studies aan die Instituut. Hy is ook Medeprofessor aan die Jawaharlal Nehru Centre for Advanced Scientific Research en "Non-Resident Permanent Fellow" aan die Wissenschaftskolleg (Institute for Advanced Study) in Berlyn.

Hy is 'n aangewese genoot van die Indian Academy of Sciences, die Indian National Science Academy, die National Academy of Sciences, Indië, die Academy of Sciences for the Developing World en Buitelandse Medewerker aan die National Academy of Sciences, VSA.

Luister na die lesing of laai af deur ons oudio-blad te besoek.



Bookmark this page: