University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Eeufees

Tuks Camerata vier 40 jaar se koorsang in eeufeesjaar

Deur Pamela Oosthuizen

Gelaai op 19 Maart 2008

Tuks Camerata lede
Tuks Camerata lede

Tuks Camerata, die Universiteit van Pretoria-koor wat in Westerse kunsmusiek spesialiseer, vier vandag sy veertigste bestaansjaar.

Die koor is op 19 Maart 1968 gestig om deur sy koorsang by te dra tot die kultuurontwikkeling van die studentekorps en die kultuurverryking van die gemeenskap.  Die koor tree op onder die vaandel van die Departement Musiek.  

Tuks Camerata tree gereeld op die kampus op en het ook reeds internasionaal bekendheid verwerf.  In 2007, onder leiding van Johann van der Sandt, het die koor deelgeneem aan die 46ste CA Seghizzi Internasionale Koorkompetisie in Gorizia, Italië en toekennings verwerf vir Beste Dirigent, Beste Opvoering van ‘n Voorgeskrewe Werk, Geburten deur Andrea Venturini en eersteplek in die Jazz- en Popkategorie.

Internasionale konserttoere is reeds onderneem na Oostenryk, die Tsjeggiese Republiek, Frankryk, Duitsland, Finland, Kenia, Nederland, Die Verenigde State van Amerika en Zanzibar.

Tuks Camerata sal op die UP kampus optree as deel van die eeufeesvieringe. Moenie hul optredes op die volgende datums misloop nie:

  • 19 April, UP Nagraadse Sentrum, 19:00. Soiree: Tuks Camerata en Strathmore Universiteitskoor van Nairobi, Kenia
  • 17 Mei, Groenkloof Ouditorium, 19:00. Viering van Tuks Camerata se 40ste Herdenking en Alumnireunie  
  • 09 Augustus, Musaion, 19:00. Tuks Camerata en Götzis Männerkor van Oostenryk
  • 16 Oktober, Musaion, 19:00. Tuks Camerata en Madrigalchor Kiel van Duitsland
  • 18 Oktober, Musaion, 19:00. Tuks Camerata Galakonsert


Bookmark this page: