University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Eeufees

'n Eeu in die diens van kennis UP vier n 100 jaar

Deur Emmerentia Nel

Gelaai op 08 Februarie 2008

Prof Calie Pistorius addresses staff and guests
Prof Calie Pistorius addresses staff and guests

Die Universiteit van Pretoria is n honderd jaar oud op 10 Februarie en om hierdie belangrike mylpaal te vier het personeel, studente, alumni en voormalige universiteitsleiers op Vrydag, 8 Februarie, by die Aula op die Hatfieldkampus vergader vir die amptelike verjaarsdagparty.

In sy toespraak aan ‘n volgepakte Aula en Rautenbachsaal, het die rektor, Prof Calie Pistorius hulde gebring aan die Universiteit se stigters, soos Generaal Smuts, en die baie dosente, studente, alumni, steundienste en vriende van Universiteit wat gehelp het om die Universiteit van Pretoria te vestig as leier in die tersiêre onderwyslandskap in Suid-Afrika.

“Die Universiteit van Pretoria is deesdae die grootste residensiële universiteit in die land met ‘n reputasie vir akademiese uitmuntendheid. Dit word gereken as een van die top 500 universiteite in die wereld. Dit is die leier-universiteit in die land ten opsigte van navorsingsuitsette – ‘n posisie wat UP al vir die laaste dekade beklee. Die Universiteit se alumni het ongelooflike bydraes gemaak, nie net in die land nie, maar reg oor die wereld,” het Prof Pistorius aan die meer as 4 duisend gaste gesê.

“Ons vier nie net vandag die wonderlike begin wat daar in hierdie eeu gemaak is nie, maar ons erken ook ons verantwoordelikhede en onderneem om verder te bou aan ‘n universiteit van die land en sy mense kan dien deur hom toe te spits op ‘n strewe na uitmuntendheid, plaaslike impak, internasionale meedingendheid en deurlopende innovasie,” het hy gesê.

In sy toespraak het die Kansellier, Prof Wiseman Nkuhlu, gesê hy is besonders trots op die prestasies wat die universititeit in die verlede behaal het en steeds behaal. Hy het almal bedank wat hierdie suksesse moontlik gemaak het.

Voorsitter van die UP Raad, Prof Esme du Plessis het in haar gelukwense aan die Universiteit gesê dat personeel en studente nou op die suksesse van die afgelope 100 jaar moet bou.

Na die amptelike verrigtinge, het gaste ‘n heerlike somer-piekniek op die grasperk voor die Ou Lettere-gebou geniet. Musiek, sjampanje, antieke motors en studente in era-klere het tot die feesatmosfeer bygedra.

Kliek hier vir die Rektor se volledige toespraak.

Nog fotos van die Verjaarsdagvieringe

Kyk na 'n video van die Eeufeesviering (6Mb).



Bookmark this page: