University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Tennis

Nuus

Fakulteit Gesondheidswetenskappe se navorsing in Limpopo baan weg vir opwindende samewerking oor prostaatkanker - 24/07/2014
Die Departement Urologie en die Skool vir Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid, Fakulteit Gesondheidswetenskappe, Universiteit van Pretoria (UP) werk oor die afgelope twaalf jaar mee aan die ontwikkeling van gesondheidsnavorsing in die Vhembe-distrik van die Limpopo-provinsie. Die teenwoordigheid van UP in die Thohoyandou-gebied het gelei tot ín samewerkende vennootskap met PHAKAMISA, ín wÍreldwye erkende toegangsprogram wat ten doel het om ín direkte invloed te hÍ op die uitkomste van die behandeling en sorg van kankerpasiŽnte asook die behoeftes van diegene wat hierdie gevreesde bestuur. Dit sluit die ondersteuning van gesondheidsorgverskaffers en prostaatkankerpasiŽnte in.
[Lees Meer]
 
UP-graduandus in Beeldende Kunste algehele wenner in Absa LíAtelier-kunskompetisie 2014 - 24/07/2014
Die Absa LíAtelier-kunskompetisie is Suid-Afrika se toonaangewendste jaarlikse kunsgebeurtenis. ín Toekenning in hierdie kompetisie sorg nie net dat Suid-Afrika se opkomende kunstenaars erkenning ontvang nie maar gee ook aan hulle die geleentheid om hul talent in die buiteland te ontwikkel. Die kompetisie word met die samewerking van die Suid-Afrikaanse Nasionale Vereniging vir die Visuele Kunste (SANAVA) aangebied. Liberty Battson, wat onlangs aan UP haar graad ontvang het, is vanjaar as die algehele wenner van 2014 aangewys.
[Lees Meer]
 
UP se dr Phatho Cele Zondi aangestel as Hoof Mediese Beampte vir Span SA by 2014 Statebondspele - 23/07/2014
Dr Phatho Cele Zondi, dosent in Sportgeneeskunde by UP, is as Hoof Mediese Beampte vir die Suid-Afrikaanse span by 2014 se Statebondspele in Glasgow, Skotland aangewys. Diť spele vind van 23 Julie tot 3 Augustus plaas.
[Lees Meer]
 
Foto's praat harder as woorde - 22/07/2014
Rory du Plessis, dosent in Visuele Kultuurstudies in die Departement Visuele Kunste aan die Universiteit van Pretoria, is pas terug van ín beursbesoek aan die Max Planck-instituut vir Wetenskapgeskiedenis (MPIWG) in Berlyn. Die beurs wat aan hom toegeken is, maak deel van sy interdissiplinÍre doktorale studie uit en sy navorsingsgroep het die onderwerp "Ontmoetings tussen Geneeskunde, Letterkunde en Filosofie en die Verskyning daarvan in Openbare Debatte" bestudeer.
[Lees Meer]
 
Nobelprys-laureaat vier wetenskap op Mandeladag - 22/07/2014
ĎWetenskaplikes is mal oor hulle werk en elke dag bestaan die moontlikheid dat hulle iets nuuts en opwindends kan ontdek,í het prof Martin C Michel gesÍ tydens die verwelkoming van die gaste by die Mandeladag Openbare Lesing op 18 Julie 2014.
[Lees Meer]
 
Universiteit van Pretoria vier Mandeladag in Hammanskraal - 22/07/2014
Op Vrydag 18 Julie het personeel van die Universiteit van Pretoria (UP) en lede van die Morokolong-gemeenskap, Hammanskraal, by die Tshedimosetso-gemeenskapsontwikkelingsentrum byeengekom om Mandeladag te vier. Sedert die begin van Junie het die Departement Fasiliteitebestuur, in samewerking met die Departement Universiteitsbetrekkinge, verskeie projekte aangepak om die Sentrum op te knap.
[Lees Meer]
 
UP-Yale-span ontvang internasionale toekenning vir uitnemende kinderverwante navorsing - 22/07/2014
Die Dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde, prof Irma Eloff, het op 22 Julie 2014 in Melbourne, AustraliŽ, namens die UP-Yale-navorsingspan ín internasionale toekenning vir uitnemende navorsing ontvang. Die span het onder leiding van prof Eloff en dr Brian Forsyth van Yale-universiteit gestaan.
[Lees Meer]