University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Fietsry

Nuus

ín Nuwe generasie navorsingsgedrewe leiers in landbou - 28/08/2014
Suid-Afrika is ín vrugbare land, en daarom ontstaan die vraag waarom ons tot dusver nie in staat was om ons bevolking op ín doeltreffende manier te voed nie. Volgens mnr Shaun Berry van BASF-Becker Underwood, ín maatskappy wat in vennootskap met die Universiteit van Pretoria en die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye by ín gesamentlike navorsingstoekenning betrokke is, word daar tans nie genoeg navorsing gedoen om nuwe tegnologie vir Suid-Afrikaanse boere te ontwikkel nie.
[Lees Meer]
 
Etiese navorsing Werkswinkel - 25/08/2014
Die Visekanselier vir Navorsing en Nagraadse Onderrig by UP, professor Stephanie Burton, het op 18 Augustus 2014 ín seminaar aangebied waartydens aandag aan eties verantwoordelike navorsing geskenk is. Die tema van die seminaar het gehandel oor mense as deelnemers aan navorsing en die eties verantwoordelike bevordering van navorsing (ĎHuman research participants and the ethically responsible advancement of scienceí).
[Lees Meer]
 
Twee personeellede van UP tot SABCP-raad verkies - 25/08/2014
Twee personeellede van UP se Departement Farmakologie is tot die raad van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Basiese en Kliniese Farmakologie (SASBCP) verkies. Prof Vanessa Steenkamp, wat aan die hoof van die eenheid vir Fitogeneeskunde in die departement staan, is as visepresident van die vereniging aangewys, en dr Andrť Marais, ín senior dosent in Kliniese Farmakologie, is tot tesourier verkies.
[Lees Meer]
 
Verskuif die stryd teen siekte na familiewonings - 25/08/2014
Die stryd om die gesondheid en welstand van Suid-Afrikaners moet na die wonings van diegene wat hulp die nodigste het, geneem word, glo professor Jannie Hugo, Hoof van die Departement Huisartskunde van UP.
[Lees Meer]
 
ĎSA is gereed vir die Ebola-virus,í sÍ UP-alumnus en lugvaartdeskundige - 22/08/2014
Volgens dr Lesego Bogatsu, Senior Bestuurder van die Suid-Afrikaanse Burgerlike Lugvaartowerheid se Mediese Departement en ín alumna van die Universiteit van Pretoria, is die land gereed om Ebola die hoof te bied indien enige gevalle van diť siekte aangemeld sou word.
[Lees Meer]
 
UP PhD-student ontvang gesogte toekenning vir beste navorsing in basiese farmakologie - 21/08/2014
Mnr Werner Cordier, wat tans met sy PhD onder die studieleiding van prof Vanessa Steenkamp van die Departement Farmakologie aan UP besig is, het die gesogte toekenning van IPASA (Innoverende Farmaseutiese Genootskap van Suid-Afrika) ontvang vir die beste navorsing in basiese farmakologie. Sy navorsingstuk is getiteld 'An in vitro mechanistic evaluation of the hepatotoxic properties of Solanum aculeastrum'.
[Lees Meer]
 
UP wen eerste prys vir beste uitstalling by Sasol Techno X - 21/08/2014
Die Universiteit van Pretoria (UP) het met die eerste prys weggestap vir die beste uitstalling in die Universiteite-kategorie by die jaarlikse Sasol Techno X-loopbaanuitstalling wat in Augustus by die Sasol ChemCity Eco-industriŽle park in Sasolburg gehou is.
[Lees Meer]