University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Watersport

Nuus

Weg met hondsdolheid - 01/07/2014
Die Fakulteit Veeartsenykunde se prof Darryn Knobel streef na die eliminasie van hondsdolheid in Afrika by wyse van ’n nuwe benadering tot hondsdolheidnavorsing. Hondsdolheid eis jaarliks die lewens van duisende mense op die vasteland, maar vir die eerste keer in dekades blyk die eliminasie van hierdie verwoestende siekte deur die gebruikmaking van bewysgebaseerde navorsing moontlik te wees. Knobel gebruik ’n eenvoudige metode gebaseer op ’n begrip van demografie om die inentingsdrumpels te bepaal wat vir die uitsterf van hondsdolheid vereis word.
[Lees Meer]
 
GIBS-jeugopname gee ’n kykie in die denke van die Mandela-generasie - 26/06/2014
Ondanks die verlangsaming in die herstel van ekonomiese stelsels węreldwyd, wat werkloosheidskrisisse in baie lande orals ter węreld vererger, bly die Suid-Afrikaanse jeug optimisties oor hulle vooruitsigte om werk te kry in die land, soos blyk uit ’n jaarlikse jeugopname deur die Universiteit van Pretoria se Gordon Institute of Business Science (GIBS).
[Lees Meer]
 
Węrelddebat oor nuwe wapens neem ’n aanvang by UP - 25/06/2014
’n Węrelddebat oor die ontwikkeling van toenemend outonome wapenstelsels – soms moordrobotte genoem – het verlede jaar losgebars. Hierdie ontwikkeling beteken dat rekenaars in plaas van mense sal besluit wie geteiken moet word en wanneer enige mag tydens oorlog en ook tydens wetstoepassing uitgeoefen moet word. Prof Christof Heyns, professor in regsgeleerdheid aan die Universiteit van Pretoria, het in Mei 2013 die aangeleentheid op die sakelys van die Verenigde Nasies se Menseregteraad geplaas. Prof Heyns is die VN se spesiale rapporteur oor buiteregtelike, onmiddellike en arbitręre teregstelling.
[Lees Meer]
 
UP-veeartse se strewe om ons erfenis te bewaar - 24/06/2014
Drie renosters word elke dag in Suid-Afrika deur stropery verloor. Teen hierdie tempo sal daar teen 2020 geen wilde renosters in die land oor wees nie. Die węreld moet besef dat dit lank reeds veel meer as stropery is. Dit gaan nie net meer oor die persoon wat oortree deur ’n dier dood te maak om sy gesin te kan voed nie. Dit is georganiseerde misdaad en ’n oorlog wat ons besig is om te verloor.
[Lees Meer]
 
Nuwe strategie en geassosieerde instrument help Afrikane om loopbane te kies en vorm - 23/06/2014
Prof Kobus Maree, dosent in die Departement Opvoedkundige Sielkunde aan UP, het deur middel van uitgebreide navorsing en veldwerk oor die afgelope agt jaar ’n geďntegreerde, kwalitatiewe en kwantitatiewe strategie vir loopbaanassessering en -konstruksie ontwikkel, die Career Interest Profile (CIP). Die instrument is gegrond op die werk van Savickas en kan potensieel deur alle mense in Suid-Afrika en Afrika gebruik word.
[Lees Meer]
 
Versekering teen omgewingskade as gevolg van hidrobreking bied unieke uitdagings aan eiendoms- en aanspreeklikheidsversekering - 23/06/2014
Volgens prof Birgit Kuschke van die Departement Privaatreg in die Universiteit van Pretoria se Fakulteit Regsgeleerdheid, kan ‘hidrobreking onmeetbare skade aan die brose ekosisteem en waterbronne van die Karoo aanrig. Die ou gesegde dat waar daar skade is, versekering beslis sal volg, is ongetwyfeld hier van toepassing.’
[Lees Meer]
 
Nuwe bevindinge deur ’n vars navorsingsbenadering tot gelykenisse - 19/06/2014
Deur sy navorsing van die gelykenisse binne die konteks van die historiese Jesus (27-30 nC) poog prof Ernest van Eck, ’n dosent in UP se Departement Nuwe-Testamentiese Wetenskap met ’n C3-gradering van die Nasionale Navorsingsraad, om ’n verskil in die postmoderne samelewing te maak. Prof Van Eck voel sterk oor sosiale geregtigheid en sy navorsing is daarop gefokus.
[Lees Meer]