English |  Afrikaans |    
  
Atletiek

Nuus

FABI-direkteur gekies as volgende President van IUFRO - 19/06/2013
Prof Mike Wingfield, die Direkteur van die Instituut vir Bosbou en Landboubiotegologie (FABI) in die Universiteit van Pretoria se Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, is in Junie 2013 as die volgende President van die Internasionale Unie van Bosbounavorsingsorganisasies (IUFRO) gekies. Hy is die eerste persoon uit Afrika wat hierdie gesaghebbende pos sal beklee en sy dienstermyn sal oor vyf jaar, vanaf Oktober 2014 tot Oktober 2019, strek.
[Lees Meer]
 
Nuwe leerstoel in Departement Mynbou-ingenieurswese sal help lewens red - 18/06/2013
Navorsing oor ‘n veiliger werksomgewing in die harderotsmynbedryf sal voortaan ‘n baie spesifieke fokusgebied by die Universiteit van Pretoria (UP) wees. Dit volg nadat Harmony Gold Mining Company Limited (Harmony) ‘n skenking van R4,7 miljoen oor 3 jaar aan UP gedoen het vir die totstandkoming van ‘n Leerstoel in Rotsingenieurswese en Numeriese Modellering in die Mynbedryf.
[Lees Meer]
 
UP steek grense oor met toerisme - 13/06/2013
Die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van Pretoria is onlangs deur twee akademiese personeellede op die Atlas Africa konferensie in Kigali, Rwanda, verteenwoordig. Mnr. Richard Wyllie (Departement Historiese en Erfenisstudies) en Professor Chris Boonzaaier (Departement Antropologie en Argeologie ) het albei referate gelewer. Die Rwanda Tourism University College (RTUC) het vir die eerste keer as gasheer opgetree vir die agtste twee-jaarlikse konferensie wat vanaf 3 tot 5 Junie 2013 gehou is.
[Lees Meer]
 
Teaterhoogtepunte: "Chasing" en "As Night Falls" - 11/06/2013
Die produksies Chasing (gebaseer op die lewe van Ingrid Jonker) en As Night Falls (gebaseer op die lewe van Helen Martins) word binnekort by die Maskerteater van die Universiteit van Pretoria opgevoer. Hierdie produksies word aangebied deur die Dramadepartement en die Matchbox Theatre Collective. Beide produksies se choreografie is deur Nicola Haskins behartig. Maak seker dat jy nie hierdie produksies mis voordat hulle na Smithfield en die Nasionale Kunstefees in Grahamstad vertrek nie. As Night Falls het in 2011 'n "Standard Bank Ovation Award" ontvang.
[Lees Meer]
 
Bemarking-honneursstudente beďndruk Newsclip - 10/06/2013
Deel van die BComHons (Bemarkingsbestuur)-program is om studente met praktiese vaardighede toe te rus wat hulle as jong bemarkers in die bedryf sal benodig. Om hierdie doel te bereik, het die Departement Bemarkingsbestuur ’n vennootskap met Newsclip aangegaan. Die vennootskap het studente in staat gestel om media-monitering in die gedrukte, uitsaai-, aanlyn- en sosiale media uit te voer deur Newsclip se verskeie beskikbare platforms te benut.
[Lees Meer]
 
Navorsing oor die toekoms van reisbestuurmaatskappye - 07/06/2013
’n Onderwerp wat deesdae baie aandag geniet in die toeristebedryf is reisbestuurmaatskappye en hul toekoms. Hierdie onderwerp word tans deur mnr Ross Thompson, ’n MCom (Toerismebestuur)-student in die Afdeling Toerismebestuur nagevors. Die navorsing word onder leiding van prof Berendien Lubbe, hoof van die Afdeling Toerismebestuur en dr Anneli Douglas, personeellid in die Afdeling gedoen. Die navorsingstudie se titel is “The future of travel management companies: a comparative study between South Africa, Finland and the Netherlands”.
[Lees Meer]
 
Toekomstige talent ontmoet die navorsingsbedryf - 07/06/2013
Die Future Talent Meets the Industry-inisiatief bied aan studente regoor die węreld die geleentheid om aan een van die Europese Genootskap vir Opinie en Marknavorsing (European Society for Opinion and Market Research – ESOMAR) se węreldwye gebeurtenisse deel te neem. Twee BCom (Bemarkingsbestuur)-studente van die Universiteit van Pretoria is gekies om aan die inisiatief deel te neem. ESOMAR is ’n węreldvereniging vir mark-, sosiale en opinie-navorsers met die doel om marknavorsing węreldwyd aan te moedig, te bevorder en te verhef.
[Lees Meer]