|
Vrae
V: Ek wil graag 'n Afrikataal aanleer. Watteer een moet ek kies?
A: Watter taal jy kies hang hoofsaaklik af van waar jy beplan om te woon of te werk na voltooiing van jou studies. Zulu is die grootste taal in Suid-Afrika en word gebruik as ‘n lingua franca (‘n algemene taal wat deur sprekers van verskillende tale gebruik word) regdeur suidelike Afrika. Zulu is ook die grootste taal in die Gauteng Provinsie en is een van die amptelike tale van sowel hierdie provinsie as van die Stad Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit (Pretoria). Noord-Sotho (Sepedi) is die dominante taal in die Limpopo Provinsie en jy sal ook daarmee kan regkom in die Noordwes Provinsie. Noord-Sotho is verder een van die hooftale wat in Pretoria gepraat word en is een van die amptelike kommunikasietale van UP.
V: Watter Afrikatale is die maklikste?
A: Hulle is almal ewe moeilik, maar pret om aan te leer!
V: Nadat ek die beginnersmodules (SEP 110 and ZUL 110) voltooi het, sal ek die taal magtig wees?
A: Jy sal 'n eenvoudige, basiese gesprek kan voer: groet, vra vir persoonlike besonderhede, eenvoudige sinne in die teenwoordige, verlede en toekomstige tyd kan saamstel, basiese vrae vra, ens. Jy sal ook toegerus word met die basiese werktuie wat jou in staat sal stel om jou taalvermoëns op jou eie te verbeter, selfs nadat jy die kursus voltooi het. Hoe goed jy die taal praat, hang op die ou einde daarvan af hoe gereeld jy dit praat.
V: My huistaal is Zulu. Maak die Departement voorsiening vir studente wie se moedertaal Zulu is?
A: Ja. Die enigste modules waarvoor moedertaalsprekers nie mag registreer nie, is sommige van die beginnersmodules. Indien jy 'n moedertaalspreker van Zulu is of dit as tweede taal in Graad 12 geslaag het, kan jy vir die beginnersmodules in Noord-Sotho (Sepedi) registreer, maar nie vir die beginnersmodules in Zulu nie. Jy mag ook nie beide Zulu en Ndebele saam neem vir graaddoeleindes nie.
V: My huistaal is Noord-Sotho (Sepedi). Maak die Departement voorsiening vir studente wie se moedertaal Noord-Sotho is?
A: Ja. Die enigste modules waarvoor moedertaalsprekers nie mag registreer nie, is sommige van die beginnersmodules. Indien jy 'n moedertaalspreker van Noord-Sotho is of dit as tweede taal in Graad 12 geslaag het, kan jy vir die beginnersmodules in Zulu registreer, maar nie vir die beginnersmodules in Noord-Sotho nie.
V: My huistaal is Ndebele. Maak die Departement voorsiening vir studente wie se moedertaal Ndebele is?
A: Ja. Die enigste modules waarvoor moedertaalsprekers nie mag registreer nie, is sommige van die beginnersmodules. Indien jy 'n moedertaalspreker van Ndebele is of dit as tweede taal in Graad 12 geslaag het, kan jy vir enige van die modules in Ndebele registreer, of vir die beginnersmodules in Noord-Sotho, maar nie vir die beginnersmodules in Zulu nie. Jy mag ook nie beide Ndebele en Zulu saam neem vir graaddoeleindes nie.
|