University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Publikasies

Nuus

Gesondheidswetenskappe se Fakulteitnavorsingsdag groter en beter! - 29/08/2014
Die Navorsingsdag van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe by die Universiteit van Pretoria (UP) waarna met groot afwagting uitgesien is, was ín eklektiese vermenging van navorsing, opvoedkunde en innovasie. Die geleentheid het aan navorsers, asook voor- en nagraadse studente van UP die geleentheid gebied om hul navorsingsbevindings aan die Fakulteit voor te hou. Deelnemers het hul pogings in die vorm van mondelinge en/of plakkaatvoorleggings aangebied.
[Lees Meer]
 
Spesialis kliniese assistent van UP kry gesogte NIH-studiebeurs - 29/08/2014
Dr Likhona Masika, ín spesialis kliniese assistent in UP se Departement Chemiese Patologie, het ín gesogte studiebeurs van twee jaar in Kliniese Chemie aan die National Institutes of Health (NIH) in die VSA verower. Die NIH is deel van die VSA se Departement van Gesondheid en Menslike Dienste en is die wÍreld se grootste biomediese navorsingsagentskap.
[Lees Meer]
 
Suid-Afrika se leesgeletterdheid onder die vergrootglas - 29/08/2014
ín Navorsingstudie van dr Surette van Staden, dosent in die Departement Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys by UP, poog om faktore te identifiseer wat die leesgeletterdheid van Graad 4-leerders in Suid-Afrika voorspel.
[Lees Meer]
 
UP span sonkrag in - 29/08/2014
Prof Ken Craig en sy navorsingsgroep in die Departement Meganiese en Lugvaartkundige Ingenieurswese spits hul toe op die son en die energie wat dit aan ons kan verskaf. Hoewel die gebruik van die bekende huishoudelike sonpanele en songeisers meer algemeen word, verskaf hierdie toestelle slegs op plaaslike vlak krag of energie en is hulle nie vir grootskaalse kragontwikkeling geskik nie. Om hierdie rede het prof Craig besluit om hom op gekonsentreerde sonkrag (concentrated solar power- and sun enerfy ̶ CSP) toe te spits.
[Lees Meer]
 
ín Nuwe generasie navorsingsgedrewe leiers in landbou - 28/08/2014
Suid-Afrika is ín vrugbare land, en daarom ontstaan die vraag waarom ons tot dusver nie in staat was om ons bevolking op ín doeltreffende manier te voed nie. Volgens mnr Shaun Berry van BASF-Becker Underwood, ín maatskappy wat in vennootskap met die Universiteit van Pretoria en die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye by ín gesamentlike navorsingstoekenning betrokke is, word daar tans nie genoeg navorsing gedoen om nuwe tegnologie vir Suid-Afrikaanse boere te ontwikkel nie.
[Lees Meer]
 
Etiese navorsing Werkswinkel - 25/08/2014
Die Visekanselier vir Navorsing en Nagraadse Onderrig by UP, professor Stephanie Burton, het op 18 Augustus 2014 ín seminaar aangebied waartydens aandag aan eties verantwoordelike navorsing geskenk is. Die tema van die seminaar het gehandel oor mense as deelnemers aan navorsing en die eties verantwoordelike bevordering van navorsing (ĎHuman research participants and the ethically responsible advancement of scienceí).
[Lees Meer]
 
Twee personeellede van UP tot SABCP-raad verkies - 25/08/2014
Twee personeellede van UP se Departement Farmakologie is tot die raad van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Basiese en Kliniese Farmakologie (SASBCP) verkies. Prof Vanessa Steenkamp, wat aan die hoof van die eenheid vir Fitogeneeskunde in die departement staan, is as visepresident van die vereniging aangewys, en dr Andrť Marais, ín senior dosent in Kliniese Farmakologie, is tot tesourier verkies.
[Lees Meer]