Visie
Die Departement van Wiskunde en Toegepaste Wiskunde streef daarna om internasionaal erken te word vir sy akademiese voortreflikheid as gevolg van die diepte van sy navorsing en onderrig asook om plaaslik relevant te wees in sy rol in ontwikkeling van die gemeenskap wat hy bedien.
Missie
Die Departement is 'n akademiese eenheid van die Universiteit van Pretoria, vertroud met die ontwikkeling van wiskundige vaardighede, kennis en insig.
Sy missie is om:
- aktief en sigbaar betrokke te wees in navorsing aan die voorpunt van die wiskundige velde waarin hy uitblink
- nagraadse opleiding te verskaf tot by doktorale en na-doktorale vlak in die gekose navorsingsvelde
- op voorgraadse en honneursvlak wiskundige opleiding te verskaf ter ondersteuning van sy eie en ander akademiese programme aan die Universiteit .
Deur sy bedrywighede poog die Departement om:
- by te dra tot 'n dieper insig in komplekse wiskundige strukture en hul toepassings
- gegradueerdes te lewer met uitstaande wiskundige vaardighede asook die begeerte om bertokke te wees in probleemoplossing
- intellektueel en materieel by te dra tot die gemeenskap van Suid Afrika deur sy toepaslike navorsing en betrokkenheid by projekte wat afhanklik is van sy wiskundige kundigheid.
|