University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Department Rekeningkunde

UP Thuthuka-studente speel Besigheidsontwikkeling-speletjie met Mamelodi-leerders

Deur Sonnette Smith

Gelaai op 23 September 2009

Universiteit van Pretoria Thuthuka-studente met hul sakke wat deur Pastel geborg is. Van links na regs: Portia Balepile, Nondumiso Luthuli, Keitumetse Pooe
Universiteit van Pretoria Thuthuka-studente met hul sakke wat deur Pastel geborg is. Van links na regs: Portia Balepile, Nondumiso Luthuli, Keitumetse Pooe

Die Thuthuka-projek stel in die holistiese ontwikkeling van studente belang en glo daarom dat betrokkenheid by sport Ďn uitstekende lewensondervinding vir sosiale en fisiese groei is.

Die Sportdag stel Thuthuka-ondersteunde studente in staat om deur middel van sport netwerke te vorm terwyl hulle pret het. Dit skep die ideale geleentheid vir universiteitstudente, sowel as lede van die rekeningkundige bedryf, om in ‘n ontspanne atmosfeer met mekaar te skakel.

Die Universiteit van Pretoria het as gasheer van die Thuthuka Sportdag 2009 vir Thuthuka-studente van die Gauteng-universiteite op Saterdag 1 Augustus 2009 opgetree. Die Sportdag is deur Pastel geborg en elke student het ‘n pragtige Pastel-drasak en -pen ontvang.

Gauteng was dié dag papnat en koud. Gelukkig het die Universiteit van Pretoria se Groenkloofkampus uitstekende binnenshuise sportfasiliteite, en sokker, netbal, vlugbal en skaak kon binnenshuis gespeel word.

Nthato Selebi, die Projekdirekteur van die Thuthuka-beursfonds, was die seremoniemeester by die geleentheid en het die taak uitstekend uitgevoer. Die wenspanne het trofeë sowel as individuele pryse ontvang. Die volgende universiteite was wenners: sokker – Universiteit van Johannesburg; netbal – Wits Universiteit; vlugbal – Universiteit van Johannesburg, en die skaakbeker is deur Universiteit van Pretoria en Universiteit van Johannesburg gedeel.

Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe wil almal bedank wat daarby betrokke was om hierdie dag moontlik te maak en ons wil Pastel graag bedank vir die borgskap.



Bookmark this page: