English |  Afrikaans |    
  
Department Rekeningkunde

Konferensie-bywoning: George


Gelaai op 25 Julie 2011



Petri Ferreira het van 27 tot 29 Junie 2011 die Suid-Afrikaanse Rekeningkundige Vereniging (SARV) Konferensie in George bygewoon.

Hy het ‘n voorlegging gelewer, getiteld “The association between South African listed companies’ BEE score and market performance: An introductory study”.

Een van die swart ekonomiese bemagtigingselemente (SEB-elemente) is ‘n maatskappy se persentasie swart eienaarskap. Verskeie studies het positiewe reaksies op SEB-transaksie-aankondigings gevind, wat met die persentasie van swart eienaarskap van daardie maatskappy verband hou. In teenstelling hiermee, bestudeer hierdie studie die verhouding tussen ‘n entiteit se SEB-telling, eerder as die SEB-transaksie-aankondigings, en die entiteit se markprestasie. Die resultate sal vir regeringsbeleidontleders, beleggers en bestuurders van belang wees.



Bookmark this page: