University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Chemiese Ingenieurswese

Fasiliteite

Die Departement Chemiese Ingenieurswese spog met uitstekende fasiliteite vir studente, beide vir hul voor- en nagraadse opleiding.   

Die Modellering- en Beheergroep beskik oor ’n goed-toegeruste rekenaargebaseerde laboratorium vir prosesbeheer  om (onder andere) die Honeywell "Profit Suite" te gebruik.

Ons het goeie eksperimentele fasiliteite vir die nagraadse kursus in prosesbeheer.

’n Mikrobrouery is gebou vir volgraanbrouery.

Foto's van ons laboratoria is beskikbaar deur op die "Gallery"-skakel te kliek.