English |  Afrikaans |    
  
Departement Gemeenskapstandheelkunde

Gemeenskapsdiensprojekte 

Primêre Mondgesondheidsorgprojek (PMGS) vir Hammanskraal

Projekbestuurder:

Prof P J van Wyk

E-pos: pjvanwyk@medic.up.ac.za

Plek:

Hammanskraal, Gauteng

Doel van projek:

Studente lewer 'n gemeenskapsgebaseerde diens in ooreenkoms met die beginsels van Primêre Mondgesondheidsorg (PMGS). Die mobiele Mondgesondheidsorgeenheid word vir hierdie projek gebruik. Beide Mondhigiëne- en Tandheelkundestudente is betrokke, met die doel om studente aan die mondgesonheidsbehoeftes van die gemeenskap bloot te stel. Hierdie projek bevat ook 'n gemeenskapsgebaseerde opleidingskomponent.


 

Transnet Phelophepa Health Care Train

Projekbestuurder:

Prof P J van Wyk

E-pos: pjvanwyk@medic.up.ac.za

Ander kontakte:

Transnet Mobiele Gesondheidsorg,
Posbus 72501,
Parkview, 2122

Plek:

Landelike gemeenskappe in Suid-Afrika

Doel van projek:

Studente lewer 'n gemeenskapsgebaseerde diens in ooreenkoms met die beginsels van Primêre Mondgesondheidsorg (PMGS). Beide Mondhigiëne- en Tandheelkundestudente is beskikbaar vir Transnet vir 'n periode van ses weke om basiese mondgesondheidsorg aan landelike gemeenskappe op die “Phelophepa Health Care Train” te bied.


 

Kliniese voorkomende diens

Projekbestuurder:

Mej S J Booyens

E-pos: sbooyens@medic.up.ac.za

Ander kontakte:

Mev R C du Bruyn

Plek:

Hospitaal vir Tand- en Mondheelkunde, Universiteit van Pretoria

Doel van projek:

Om die mondgesondheid van alle pasiënte wat die kliniek besoek, te verbeter. Die voorkomende diens word gelewer deur die Mondhigiënestudente in die Hospitaal vir Tand- en Mondheelkunde aan mense wat hierdie diens benodig.


 

Spesialisklinieke

Projekbestuurder:

Mej S J Booyens

E-pos: sbooyens@medic.up.ac.za

Ander kontakte:

Mev R C du Bruyn

Plek:

Mond- en Tandhospitaal, Universiteit van Pretoria

Doel van projek:

Om die mondgesondheid van alle pasiënte wat die kliniek besoek, te verbeter. Die voorkomende diens word gelewer deur die Mondhigiënestudente in die Hospitaal vir Tand- en Mondheelkunde aan alle pasiënte met gesplete misvormdhede en die wat ander gespesialiseerde behandeling benodig.


 

Opvoedkundige en voorkomende diens aan preprimêre skole

Projekbestuurder:

Mev R C du Bruyn

E-pos: rdubruyn@medic.up.ac.za

Ander kontakte:

Mej S J Booyens

Plek:

Groter Pretoria

Doel van projek:

Om die mondgesondheid en mondgesondheidskennis te verbeter en om voorkomende prosedures op 'n jong ouderdom te vestig. Mondhigiënestudente besoek preprimêre skole in Pretoria op 'n weeklikse basis waar die boodskap van voorkomende tandheelkunde en mondgesondheid met behulp van handpoppe oorgedra word.


 

Voorkomende diens aan die Pretoria Akademiese Hospitaal

Projekbestuurder:

Mej S J Booyens

E-pos: sbooyens@medic.up.ac.za

Ander kontakte:

Mev R C du Bruyn

Plek:

Pretoria Akademiese Hospitaal

Doel van projek:

Om 'n mondhigiënediens aan pasiënte in die ruggraateenheid, kindersale en intensiewe sorg  te lewer. Mondhigiënestudente besoek die verskillende eenhede op 'n weeklikse basis om mondgesondheid te verbeter en om pasiënte te help om hul mondgesondheid vol te hou tydens die tydperk wat hulle in die hospitaal is.  


 

Opvoedkundige en voorkomende dienste aan verstandelik en fisies gestremde kinders

Projekbestuurder:

Mev R C du Bruyn

E-pos: rdubruyn@medic.up.ac.za

Ander kontakte:

Mej S J Booyens

Plek:

Groter Pretoria

Doel van projek:

Om verstandelik en fisies gestremde kinders te help om hul mondgesondheid te handhaaf. Mondhigiënestudente lei kinders op om hul eie mondgesondheid te handhaaf, en terselfdertyd verbeter dit die studente se selfvertroue om met hierdie kinders te werk.  


 

Gauteng Mondgesondheidsdienste

Projekbestuurder:

Mev R C du Bruyn

E-pos: rdubruyn@medic.up.ac.za

Ander kontakte:

Mondgesondheidsdienste,
Gauteng Provinsiale Regering

Plek:

Klinieke en skole/preprimêre skole in groter Pretoria

Doel van projek:

Om Mondhigiënestudente bloot te stel/voor te stel aan die Publieke Gesondheidsdienste. Mondhigiënestudente neem aan hierdie projek deel as deel van hul gemeenskapsgebaseerde opleiding, en hulle word ook daaraan blootgestel om in die openbaar op te tree.

Samewerking tussen die Fakulteit Tandheelkunde en die Publieke Mondgesondheidsdienste word deur middel van hierdie projek verhoog.


 

Hammanskraal tandbleikingsprojek

Projekbestuurder:

Prof P J van Wyk

E-pos: pjvanwyk@medic.up.ac.za

Plek:

Hammanskraal, Gauteng

Doel van projek:

In die Hammanskraalarea is daar baie kinders met dentale fluorosevlekke wat esteties onaanvaarbaar is. Mikroafskuring met chloorwaterstofsuur en puimsteen is 'n baie koste-effektiewe manier om hierdie tande na 'n aanvaarbare wit kleur te bleik. Die diens word gelewer in samewerking met die mobiele primêre gesondheidsorgprojek vir Hammanskraal.