English |  Afrikaans |    
  
Fakulteit Geesteswetenskappe

Intreerede: Prof Jeanne van Eeden: 4 Nov


Gelaai op 26 Oktober 2010

U word vriendelik uitgenooi na die intreerede van Prof Jeanne van Eeden

“Figuring (out) the landscape: gazing at the land in selected South African postcards”

Datum: 4 November 2010
Tyd: 18:30 vir 19:00
Plek: Senaatsaal
RSVP voor of op 27Oktober 2010 aan me Petro Moraal by 012 420 2353 of petro.moraal@up.ac.za  

Opsomming
Visuele Kultuurstudies handel oor die kritiese bestudering van kultuurprodukte van allerlei aard wat aan sosiaal gekonstrueerde idees, ideale en ideologieë uitdrukking gee. Gedurende die afgelope paar dekades het dit toenemend duidelik geword dat hierdie vakgebied nie net oor die produkte van sogenaamde hoë kultuur moet besin nie maar hom ook met die visuele produkte van die alledaagse lewe moet bemoei. As 'n potensiële visuele hulpbron is prentposkaarte baie jare lank verwaarloos as efemere of onbenullige kommoditeite. Internasionale akademici het egter onlangs begin om ernstig aandag te gee aan die ideologieë en boodskappe wat deur poskaarte oorgedra word. Hierdie referaat wil een koord van hierdie nuwe diskoers lostorring deur te kyk na 'n aantal Suid-Afrikaanse poskaarte van die 1950's tot die 1980's waarin die landskap die onderwerp van besigtiging is. Hierdie poskaarte onthul en verberg terselfdertyd die politieke, maatskaplike en kulturele werklikhede van die Suid-Afrika van daardie tyd. Daar word aangevoer dat die toeganklike en draagbare aard van poskaarte hulle 'n ideale medium gemaak het waardeur mense se verhouding met die land gedurende 'n deurslaggewende tydperk in die geskiedenis van Suid-Afrika ingeoefen en uitgespeel is.

Kliek hier vir die uitnodiging 

Bookmark this page: