English |  Afrikaans |    
  
Fakulteit Geesteswetenskappe

Fakulteitseminaarreeks: Die Suide in Wêreldpolitiek

Deur Corena Garnas

Gelaai op 31 Mei 2011

Sluit by ons aan!
Woensdag, 8 Junie 2011, 11h00-13h00,
Geesteswetenskappegebou 7-14.
Dr Chris Alden, London School of Economics and Political Science & UP


"Die Suide in Wêreldpolitiek"

Die rol van die Suide in wêreldpolitiek is 'n onderwerp wat baie verwaarloos en selfs bespot word. Hoewel dit duidelik is dat sommige van die ambisieuse doelwitte van die 1970's vir die herstrukturering van die wêreldorde nie behaal is nie, kan ons vandag deur die opkoms van ontluikende moondhede sien dat die internasionale stelsel inderdaad deur die Suide getransformeer word. Wat behels "die Suide", wat is die skakel tussen die aktivisme van die verlede en die optrede van die hede en, laastens, die impak daarvan op internasionale instellings en stelsels – dit maak die kern van die lesing uit.

Aangebied deur die Fakulteit Geesteswetenskappe en die Departement Politieke Wetenskappe



Bookmark this page: