English |  Afrikaans |    
  
Centre for Advanced Corporate & Insolvency Law

Sentrum vir Gevorderde Korporatiewe & Insolvensiereg

Die Sentrum vir Gevorderde Korporatiewe en Insolvensiereg het in 1995 tot stand gekom. Aanvanklik was dit die hoofdoelwit van die Sentrum om vir akademici en praktisyns ‘n basis te skep van waar kortkursusse in gevorderde korporatiewe en insolvensiereg aangebied kon word.

Gevolglik het die Sentrum in 1995 namens die Vereniging van Insolvensiepraktisyns van Suider Afrika (AIPSA) begin met ‘n kursus in Insolvensiereg en -praktyk. In 1998 het die Sentrum sy bedrywighede verder uitgebrei om navorsing op die gebied van korporatiewe en insolvensiereg in te sluit.  Tans is die fokus van die Sentrum op navorsing en as sulks geniet dit die steun van onder andere die Departement van Justisie en die Suid-Afrikaanse Regskommissie.

Die huidige direkteure is proff Andrè Boraine en Piet Delport. Ander lede sluit in proff David Burdette, Melanie Roestoff en me S Lombard.

 

Nuus

Die Fakulteit Geesteswetenskappe se Mandeladag-projek: Prof De la Rey skenk boeke om geletterdheid onder kinders aan te moedig - 19/06/2013
Tydens ’n seremonie wat op 4 Junie 2013 gehou is, het die Visekanselier en Rektor, prof Cheryl de la Rey, vier boeke aan die Fakulteit Geesteswetenskappe geskenk as haar bydrae tot hul Mandeladag-projek. Die boeke wat sy geskenk het, was haar gunstelingboeke gedurende haar kinderjare. Sy het die Fakulteit gelukgewens met hul keuse van so ʼn waardevolle projek wat sou voortgaan om kinders aan te moedig om te lees lank nadat die Mandeladag-vieringe reeds verby was. Sy het die waarde van lees as ʼn manier om die węreld te verken beklemtoon en het die volgende opmerking deur mnr Mandela aangehaal: “Education is the most powerful weapon which you can use to change the world.”
[Lees Meer]
 
FABI-direkteur gekies as volgende President van IUFRO - 19/06/2013
Prof Mike Wingfield, die Direkteur van die Instituut vir Bosbou en Landboubiotegologie (FABI) in die Universiteit van Pretoria se Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, is in Junie 2013 as die volgende President van die Internasionale Unie van Bosbounavorsingsorganisasies (IUFRO) gekies. Hy is die eerste persoon uit Afrika wat hierdie gesaghebbende pos sal beklee en sy dienstermyn sal oor vyf jaar, vanaf Oktober 2014 tot Oktober 2019, strek.
[Lees Meer]
 
Nuwe leerstoel in Departement Mynbou-ingenieurswese sal help lewens red - 18/06/2013
Navorsing oor ‘n veiliger werksomgewing in die harderotsmynbedryf sal voortaan ‘n baie spesifieke fokusgebied by die Universiteit van Pretoria (UP) wees. Dit volg nadat Harmony Gold Mining Company Limited (Harmony) ‘n skenking van R4,7 miljoen oor 3 jaar aan UP gedoen het vir die totstandkoming van ‘n Leerstoel in Rotsingenieurswese en Numeriese Modellering in die Mynbedryf.
[Lees Meer]
 
TuksRugby kraai koning in die 2013 Carlton-liga - 16/06/2013
Op Saterdag15 Junie het TuksRugby hul oppergesag in Blou Bulle-klubrugby bewys deur al vyf die kampioenskapstitels waarvoor daar in die 2013 Carlton-liga gespeel is in te palm. Die topprys was die gesogte Carltonbeker, daardie stukkie silwerware waarop UP-Tuks 1 verlede jaar net-net nie hul hande kon lę nadat hulle in die eindstryd met 23–27 deur Polisie geklop is nie.
[Lees Meer]
 
Teaterhoogtepunte: "Chasing" en "As Night Falls" - 11/06/2013
Die produksies Chasing (gebaseer op die lewe van Ingrid Jonker) en As Night Falls (gebaseer op die lewe van Helen Martins) word binnekort by die Maskerteater van die Universiteit van Pretoria opgevoer. Hierdie produksies word aangebied deur die Dramadepartement en die Matchbox Theatre Collective. Beide produksies se choreografie is deur Nicola Haskins behartig. Maak seker dat jy nie hierdie produksies mis voordat hulle na Smithfield en die Nasionale Kunstefees in Grahamstad vertrek nie. As Night Falls het in 2011 'n "Standard Bank Ovation Award" ontvang.
[Lees Meer]
 
Bemarking-honneursstudente beďndruk Newsclip - 10/06/2013
Deel van die BComHons (Bemarkingsbestuur)-program is om studente met praktiese vaardighede toe te rus wat hulle as jong bemarkers in die bedryf sal benodig. Om hierdie doel te bereik, het die Departement Bemarkingsbestuur ’n vennootskap met Newsclip aangegaan. Die vennootskap het studente in staat gestel om media-monitering in die gedrukte, uitsaai-, aanlyn- en sosiale media uit te voer deur Newsclip se verskeie beskikbare platforms te benut.
[Lees Meer]
 
Navorsing oor die toekoms van reisbestuurmaatskappye - 07/06/2013
’n Onderwerp wat deesdae baie aandag geniet in die toeristebedryf is reisbestuurmaatskappye en hul toekoms. Hierdie onderwerp word tans deur mnr Ross Thompson, ’n MCom (Toerismebestuur)-student in die Afdeling Toerismebestuur nagevors. Die navorsing word onder leiding van prof Berendien Lubbe, hoof van die Afdeling Toerismebestuur en dr Anneli Douglas, personeellid in die Afdeling gedoen. Die navorsingstudie se titel is “The future of travel management companies: a comparative study between South Africa, Finland and the Netherlands”.
[Lees Meer]