English |  Afrikaans |    
  
Voornemende studente

Doen aansoek by UP

OF

Kliek hier vir instruksies vir die Aanlynaansoek Stelsel

Die Aanlynaansoekstelsel is bedoel vir gebruik deur nuwe voornemende studente wat vir die eerste maal by UP aansoek doen. Dus is die stelsel nie ontwerp vir huidige geregistreerde UP studente nie.

Neem kennis:

  • Aansoeke open op 1 Maart van die jaar wat die studiejaar voorafgaan.
  • Elke student moet slegs een aansoekvorm voltooi. Op die aansoekvorm bied die Universiteit van Pretoria 'n eerste en 'n tweede keuse ten opsigte van 'n studierigting. Aansoekers moet asseblief beide 'n eerste sowel as 'n tweede keuse op die aansoekvorm invul.
  • Sodra jou aansoekvorm verwerk is, sal jy ‘n studentenommer (EMPLID) ontvang.
  • Die ontvangs van 'n studentenommer beteken NIE noodwendig dat jy aanvaar is as student by die Universiteit van Pretoria nie. Dit is 'n ander proses as die aansoekproses. Jou aansoek gaan eers deur die fakulteit waarin jy wil studeer geëvalueer word.
  • Dit is in jou eie belang dat jy self jou aansoekvorm voltooi. Die Universiteit van Pretoria maak nie tydens die aansoekproses van verteenwoordigers, agente of agentskappe gebruik nie. Sou jy verkies om van verteenwoordigers, agente of agentskappe gebruik te maak, doen jy dit op eie risiko. Dit is van kardinale belang dat jy jou persoonlike e-pos- en posadresse voorsien sodat die Universiteit van Pretoria direk met jou kan kommunikeer. 
  • Aansoek om Toelating tot Afstandsonderrig (Fakulteit Opvoedkunde). Besoek asb eers die "Afstandsonderrig" web bladsy voordat u aansoek doen. Ander reels is van toepassing.
  • Dit is belangrik om daarop te let dat indien jy graag studies wil onderneem in die keuringsprogramme, BSc(Arch)(Argitektuur) of BSc(Int)(Binne-argitektuur) jy hierdie programme as jou eerste keuse op jou aansoekvorm moet aandui, anders sal jy nie vir hierdie programme oorweeg word nie. Dit word ook aanbeveel dat ander keuringsprogramme as jou eerste keuse op die aansoekvorm aangedui word.
     

Om van die Aanlynaansoekstelsel gebruik te maak, moet jy oor die volgende beskik:

  • toegang tot die internet 
  • 'n e-posadres waartoe jy gereeld toegang het, omdat jy 'n studentenommer (EMPLID) per e-pos sal ontvang as bewys van die ontvangs van jou aanlynaansoek

Kliek hier vir instruksies vir die Aanlynaansoek Stelsel
 

Papiergebaseerde aansoek


Jy mag 'n hardekopie aansoekvorm indien. Dit kan afgehaal word by die Kliëntedienssentrum, op die Hatfieldkampus gedurende kantoorure. Na voltooiing kan dit teruggepos word tesame met 'n bewys van bankinbetaling of poswissel van R270 (GEEN KONTANT NIE) na:

Die Kliëntedienssentrum
Universiteit van Pretoria
Privaatsak X20
Hatfield 0028
Suid-Afrika

Jy kan 'n aansoekvorm per e-pos aanvra deur jou volle kontakbesonderhede te e-pos aan csc@up.ac.za, of deur tel: +27 (0)12 420 3111 te skakel.

Let wel daarop dat 'n unieke nommer onder die strepieskode onderaan bladsy een van elke aansoekvorm toegeken word. Die nommer word op elke ongelyke bladsy herhaal. Moet dus asseblief nie bladsye met verskillende nommers of vorms met mekaar meng nie. Om hierdie rede sal die Universiteit slegs oorsponklike aansoekvorms aanvaar. Geen aansoekvorms wat gefaks, geskandeer of per e-pos gestuur word, sal aanvaar word nie.