University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Sentrum vir Kinderreg

Sentrum vir Kinderreg
 

Die Sentrum vir Kinderreg is gestig in 1998 en dra by tot die bevordering van die belange van kinders in ons gemeenskap deur strategiese impak litigasie opvoeding, navorsing en gemeenskapsdiens. Die direkteur van die Sentrum is Prof Ann Skelton. 

Die Sentrum is amptelik erken as 'n regskliniek deur die prokureursorde. In 2003 is die Kinder Litigasieprojek gestig om spesifiek te fokus op litigasie in verband met kinderregte.
 

Klik asseblief hier vir toegang tot die webwerf van die Sentrum vir Kinderreg.  

 

Nuus

Sonkrag ingespan - 29/08/2014
Prof Ken Craig en sy navorsingsgroep in die Departement Meganiese en Lugvaartkundige Ingenieurswese spits hul toe op die son en die energie wat dit aan ons kan verskaf. Hoewel die gebruik van die bekende huishoudelike sonpanele en songeisers meer algemeen word, verskaf hierdie toestelle slegs op plaaslike vlak krag of energie en is hulle nie vir grootskaalse kragontwikkeling geskik nie. Om hierdie rede het prof Craig besluit om hom op gekonsentreerde sonkrag (concentrated solar power- and sun enerfy ̶ CSP) toe te spits.
[Lees Meer]
 
Spesialis kliniese assistent van UP kry gesogte NIH-studiebeurs - 29/08/2014
Dr Likhona Masika, ín spesialis kliniese assistent in UP se Departement Chemiese Patologie, het ín gesogte studiebeurs van twee jaar in Kliniese Chemie aan die National Institutes of Health (NIH) in die VSA verower. Die NIH is deel van die VSA se Departement van Gesondheid en Menslike Dienste en is die wÍreld se grootste biomediese navorsingsagentskap.
[Lees Meer]
 
ín Nuwe generasie navorsingsgedrewe leiers in landbou - 28/08/2014
Suid-Afrika is ín vrugbare land, en daarom ontstaan die vraag waarom ons tot dusver nie in staat was om ons bevolking op ín doeltreffende manier te voed nie. Volgens mnr Shaun Berry van BASF-Becker Underwood, ín maatskappy wat in vennootskap met die Universiteit van Pretoria en die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye by ín gesamentlike navorsingstoekenning betrokke is, word daar tans nie genoeg navorsing gedoen om nuwe tegnologie vir Suid-Afrikaanse boere te ontwikkel nie.
[Lees Meer]
 
Etiese navorsing Werkswinkel - 25/08/2014
Die Visekanselier vir Navorsing en Nagraadse Onderrig by UP, professor Stephanie Burton, het op 18 Augustus 2014 ín seminaar aangebied waartydens aandag aan eties verantwoordelike navorsing geskenk is. Die tema van die seminaar het gehandel oor mense as deelnemers aan navorsing en die eties verantwoordelike bevordering van navorsing (ĎHuman research participants and the ethically responsible advancement of scienceí).
[Lees Meer]
 
Twee personeellede van UP tot SABCP-raad verkies - 25/08/2014
Twee personeellede van UP se Departement Farmakologie is tot die raad van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Basiese en Kliniese Farmakologie (SASBCP) verkies. Prof Vanessa Steenkamp, wat aan die hoof van die eenheid vir Fitogeneeskunde in die departement staan, is as visepresident van die vereniging aangewys, en dr Andrť Marais, ín senior dosent in Kliniese Farmakologie, is tot tesourier verkies.
[Lees Meer]
 
Verskuif die stryd teen siekte na familiewonings - 25/08/2014
Die stryd om die gesondheid en welstand van Suid-Afrikaners moet na die wonings van diegene wat hulp die nodigste het, geneem word, glo professor Jannie Hugo, Hoof van die Departement Huisartskunde van UP.
[Lees Meer]
 
UP PhD-student ontvang gesogte toekenning vir beste navorsing in basiese farmakologie - 21/08/2014
Mnr Werner Cordier, wat tans met sy PhD onder die studieleiding van prof Vanessa Steenkamp van die Departement Farmakologie aan UP besig is, het die gesogte toekenning van IPASA (Innoverende Farmaseutiese Genootskap van Suid-Afrika) ontvang vir die beste navorsing in basiese farmakologie. Sy navorsingstuk is getiteld 'An in vitro mechanistic evaluation of the hepatotoxic properties of Solanum aculeastrum'.
[Lees Meer]