English |  Afrikaans |    
  
Konvokasie

KONVOKASIE

 Die Konvokasie van die Universiteit van Pretoria bestaan uit:
  • Alle persone wat ’n kwalifikasie, soos goedgekeur deur die Senaat en Raad, van die Universiteit verwerf het;
  • die Rektor, Viserektore, Uitvoerende Direkteure, die Registrateur, Dekane van fakulteite, die permanente akademiese werknemers van die Universiteit, emeritus professore, ander afgetrede akademiese werknemers en sodanige ander persone as wat die Raad mag bepaal; en
  • alle persone (anders as die Rektor, Viserektore, ens. waarna in die voorafgaande paragraaf verwys word), wat onmiddellik voor die inwerkingtreding van hierdie Statuut lede van die Konvokasie van die Universiteit was.

Die verkiesing van die mees onlangse President van die Konvokasie is op 16 Augustus 2012 afgehandel en mnr Leo Haese is as die nuwe President van die Konvokasie van die Universiteit van Pretoria verkies.

BEKENDMAKING VAN VERKIESINGSUITSLAE

Die Kantoor van die Registrateur maak graag die uitslae van die verkiesing van Konvokasielede op die Raad, wat op 10 Oktober 2012 ten einde geloop het, bekend.

Die verkiesingsproses asook die tel van stemme is deur KPMG oorsien en geverifieer.

Die volgende kandidate is in die vier vakatures verkies (name in alfabetiese volgorde):

Mnr AD (Anton) Botha (onbestrede).
Prof DP (Danie) Goosen.
Prof AJ (Appie) Pienaar.
Mnr WD (Willie) Spies.

Vriendelike groete

Prof NJ Grové
REGISTRATEUR

15 Oktober 2012
 

Nuus

Die Nasionale Biodiversiteit- en Sakenetwerk amptelik geloods - 21/05/2013
Die Nasionale Biodiversiteit- en Sakenetwerk van Suid-Afrika is op 15 Mei 2013 amptelik by die Gordon Institute of Business Science (GIBS) in Sandton geloods. Die Universiteit van Pretoria is deur dr Claudious Chikozho en me Anesu Makina, albei van die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL), asook prof Don Cowan van FABI verteenwoordig.
[Lees Meer]
 
Opedag ’n sukses! - 21/05/2013
Ek lig u graag in dat ek talle boodskappe vol positiewe terugvoering oor die UP Opedag 2013 ontvang het. Ek is veral ingenome met die opmerkings oor die besondere hulpvaardigheid en vriendelikheid van die personeel, studente en vrywilligers in die UP-span. My hartlike dank aan almal wat bygedra het tot ’n positiewe ervaring vir ouers, voornemende studente, familielede, skoolhoofde en onderwysers. Ek wil u aanmoedig om die goeie werk voort te sit. Die Opedag is ’n belangrike geleentheid vir die Universiteit om goeie studente te lok en om die Universiteit se reputasie en status in die breë uit te bou.
[Lees Meer]
 
Opedag 2013: Skoolleerders aangemoedig om die Universiteit van Pretoria te kies - 20/05/2013
‘Om te besluit om by ’n universiteit in te skryf, en dan te besluit watter universiteit om by te woon, is die belangrikste besluite wat ’n jongmens in sy of haar lewe kan neem. Neem dus ’n goeie besluit: kies die Universiteit van Pretoria.’
[Lees Meer]
 
TuksGholf-oefensentrum amptelik geopen by die Universiteit van Pretoria - 17/05/2013
Die Universiteit van Pretoria is trots op sy welbekende prestasies op verskeie sportterreine. Hierdie prestasies kan toegeskryf word aan die Universiteit se sportfasiliteite wat van die beste onder Suid-Afrikaanse universiteite is. Nou het die Universiteit, deur TuksSport en die high performance centre (hpc), ’n verdere stap gedoen deur amptelik ’n gholf-oefensentrum te open.
[Lees Meer]
 
Suid-Afrikaanse regsprofessor lê verslag voor aan Verenigde Nasies oor Dodelike Robotte (Lethal Robots) - 16/05/2013
Christof Heyns, 'n Suid-Afrikaanse professor in menseregte, lê op 29 Mei 2013 'n verslag voor aan die Verenigde Nasies (VN) se Raad vir Menseregte oor Dodelike Outonome Robotte (Lethal Autonomous Robots [LARs]). Prof Heyns is verbonde aan die Universiteit van Pretoria (UP) en is in 2010 as die VN Spesiale Rapporteur oor buitegeregtelike, summiere en arbitrêre teregstellings aangestel. Hy het die afgelope jaar wêreldwyd navorsing gedoen oor die vraag of state toegelaat moet word om Dodelike Outonome Robotte – wapens wat na ontplooiing dodelike geweld kan gebruik sonder verdere menslike tussenkoms – tydens oorlog of vrede te gebruik.
[Lees Meer]
 
’n Kontinentale Leierskapstransformasieprogram geloods - 15/05/2013
Die Afrika-unie se Nuwe Vennootskap vir Afrika-ontwikkeling (NEPAD), die Verenigde Nasies se ontwikkelingsprogram (UNDP) en die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL) het onlangs ’n ronde tafel geleentheid aangebied met die doel om ’n kontinentale leierskapstransformasieprogram te loods.
[Lees Meer]
 
Empatiese kommunikasie en demensie: Internasionale Memory Bridge-program begin in Suid-Afrika - 14/05/2013
Memory Bridge, ‘n innoverende program wat sosiale en emosionele isolasie onder ouer persone met demensie verminder, word vanaf 13 tot 28 Mei in Pretoria geïmplementeer.
[Lees Meer]