English |  Afrikaans |    
  
Historia

Nuus

Opedag 2013: Skoolleerders aangemoedig om die Universiteit van Pretoria te kies - 20/05/2013
‘Om te besluit om by ’n universiteit in te skryf, en dan te besluit watter universiteit om by te woon, is die belangrikste besluite wat ’n jongmens in sy of haar lewe kan neem. Neem dus ’n goeie besluit: kies die Universiteit van Pretoria.’
[Lees Meer]
 
TuksGholf-oefensentrum amptelik geopen by die Universiteit van Pretoria - 17/05/2013
Die Universiteit van Pretoria is trots op sy welbekende prestasies op verskeie sportterreine. Hierdie prestasies kan toegeskryf word aan die Universiteit se sportfasiliteite wat van die beste onder Suid-Afrikaanse universiteite is. Nou het die Universiteit, deur TuksSport en die high performance centre (hpc), ’n verdere stap gedoen deur amptelik ’n gholf-oefensentrum te open.
[Lees Meer]
 
Suid-Afrikaanse regsprofessor lê verslag voor aan Verenigde Nasies oor Dodelike Robotte (Lethal Robots) - 16/05/2013
Christof Heyns, 'n Suid-Afrikaanse professor in menseregte, lê op 29 Mei 2013 'n verslag voor aan die Verenigde Nasies (VN) se Raad vir Menseregte oor Dodelike Outonome Robotte (Lethal Autonomous Robots [LARs]).
[Lees Meer]
 
’n Kontinentale Leierskapstransformasieprogram geloods - 15/05/2013
Die Afrika-unie se Nuwe Vennootskap vir Afrika-ontwikkeling (NEPAD), die Verenigde Nasies se ontwikkelingsprogram (UNDP) en die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL) het onlangs ’n ronde tafel geleentheid aangebied met die doel om ’n kontinentale leierskapstransformasieprogram te loods.
[Lees Meer]
 
Empatiese kommunikasie en demensie: Internasionale Memory Bridge-program begin in Suid-Afrika - 14/05/2013
Memory Bridge, ‘n innoverende program wat sosiale en emosionele isolasie onder ouer persone met demensie verminder, word vanaf 13 tot 28 Mei in Pretoria geïmplementeer.
[Lees Meer]
 
Prof De la Rey doen ’n beroep vir ’n groter en beter Winterwarmteveldtog in 2013 - 14/05/2013
Prof Cheryl de la Rey, die Visekanselier en Rektor van die Universiteit van Pretoria, het tydens TuksFM se Bang Bang Breakfast Show aangekondig dat die tweede Winterwarmteveldtog hierdie jaar vroeër sal begin in ’n poging om dit groter en beter as dié van verlede jaar te maak.
[Lees Meer]
 
Sentrum vir Menseregte teiken regters uit Afrika terwyl Opsionele Protokol in werking tree - 14/05/2013
Regters uit vyf Afrikalande (Botswana, Malawi, Suid-Afrika, Tanzanië en Uganda) het aangesluit by deelnemers uit 20 ander Afrikalande vir ’n kursus oor sosio-ekonomiese regte wat van 6 tot 10 Mei 2013 deur die Sentrum vir Menseregte by die Universiteit van Pretoria aangebied is.
[Lees Meer]