Daar is tans 13 rekenaarlabs in die Informatorium met ongeveer 780 werkstasies wat aan UP se Intranet en Internet gekoppel is. Alle studente kry 200 MB internetverkeer per jaar, en meer MB's kan by die KDS aangekoop word.
Hierdie labs is vir rekenaartoetse wat deur die loop van die jaar geskryf word, gereserveer.
Internettoegang
Studente kry 200 MB Internettoegang gratis per jaar, waarna hul nog MB's kan aankoop by die KDS. 'n Geldige studentekaart is noodsaaklik om toegang tot die Informatorium te kry.
Praktiese sessies
Praktiese sessies word vir studente gereël om klasse in die Informatorium by te woon, veral vir Rekenaarwetenskap, Informatika en Inligtingkunde.
Daar is tans drie CBT-labs aan die Informatorium toegeken. Hierdie labs kan tot 120 studente akkommodeer. DieCBT-labs is agter aan die regterkant van die Informatorium geleë.
Die CBT-labs word vir ongeveer 50 000 rekenaartoetse gedurende die jaar gebruik.
Studentekaarte moet langs die sleutelborde geplaas word tydens die rekenaartoetse.
Eet- en drinkgoed word nie in die CBT-lab toegelaat nie. Die rekenaars is splinternuut en verteenwoordig 'n belegging van sowat R1 miljoen.
Geen rumoerige of ontwrigtende gedrag sal geduld word nie. Dit is elke student se reg om 'n toets of eksamen sonder enige steurnis te skryf. Studente wat ontwrigtende gedrag openbaar, sal gevra word te gaan.
Selfone word onder geen omstandighede toegelaat nie. Omstandighede vir eksamens is van toepassing. Selfone mag nie gebruik word in plek van horlosies of sakrekenaars nie, en moet afgeskakel wees.
Afvalpapier sal op versoek verskaf word - gebruik die agterkant van die vraestel vir berekenings.
Vul asseblief jou vraestel in en dui die datum en begintyd van die spesifieke sessie aan.
Stoot asseblief jou stoel in wanneer jy die lab verlaat - dit bespaar tyd wanneer voorbereiding vir die volgende sessie gedoen word .
Die personeel aan diens sal sitplekke in the CBT-lab toeken. Die meerderheid van dosente het hierdie prosedure goedgekeur.
Lig asseblief jou hand as jy bystand nodig het - ons sal jou so gou moontlik help.
Hou asseblief in gedagte dat die wagarea buite die lab langs aangrensende labs geleë is, wat daagliks vir lesings gebruik word. Moet asseblief nie 'n geraas maak sodat dit inbreuk op enige lesing of toets maak nie.
Wees asseblief betyds vir jou toetssessie. Sou 'n student laatkom en minder tyd tydens die sessie hê as wat vir die toets benodig word, sal die student nie toegelaat word om die toets of eksamen te skryf nie.
Om toegang tot die lab te verkry, moet studente hul (geldige) studentekaarte toon.
Hierdie rekenaarlabs is vir die gebruik van alle rekenaarbenodighede wat studente op die kampus mag benodig.
Studente wat in hierdie labs wil werk, moet rekenaartyd bespreek deur die Pharos- besprekingstelsel te gebruik. Besoek die Hulptoonbank in die oop lab vir besprekings. Daar is tans geen tydsbeperking op besprekings nie, maar 'n twee-uur tydbeperking per dag mag gedurende spitstye geïmplementeer word.
Ligging:
Informasietegnologie-gebou
Labs:
244 rekenaars
Platinum
Hierdie rekenaars bevat al die agteware wat in die Ingenieurs-labs gebruik word, en die nuutste grafika en skermkaarte is daarop geïnstalleer .
Goud
Silwer
Brons
Koper
Maandag tot Saterdag: 07:30 to 22:00
Gesluit op publieke vakansiedae en Sondae