English |  Afrikaans |    
  
Sentrum vir Kontekstuele Bediening

Meer oor Sentrum vir Kontekstuele Bediening (SKB)

 

ALGEMENE INLIGTING OOR KURSUSSE

Die Sentrum vir Kontekstuele Bediening bied 'n reeks behoefte-georiënteerde kursusse aan vir pastors en ander bedieningsleiers in die gemeenskap. Die temas van die kursusse is bepaal nadat navorsing oor die belangrikste behoeftes van dienende pastors gedoen is. Deur die navorsing van tyd tot tyd te herhaal, verseker die Sentrum dat die kursusse se inhoud van toepassing bly op die vrae en behoeftes van ons tyd.

DAAR IS DRIE GROEPE KURSUSSE, NAAMLIK:

Gevorderde kursusse: Om vir 'n gevorderde kursus in te skryf, word Graad 12 en ten minste 'n graad of 'n twee-jaar diploma vereis.

Basiese kursusse: Om vir 'n basiese kursus in te skryf, word ten minste

Graad 10 of 'n ekwivalente kwalifikasie vereis. Persone wat nie aan hierdie vereiste voldoen nie, moet eers die inleidende kursusse in die basiese kursusgroep doen. Geen vorige opleiding word vereis vir persone wat vir 'n inleidende kursus wil inskryf nie.

Nota: Persone wat direk vir die basiese kursusse kan inskryf (dus persone met Graad 10 of hoër), maar wat nie ander teologiese opleiding ondergaan het nie, word sterk aangeraai om in elk geval eers vir die inleidende kursusse in te skryf voordat die basiese kursusse gedoen word.

Seminare en werkswinkels: Die meeste seminare en werkswinkels is vir almal oop. Daar is egter enkeles waar spesifieke toelatingsvereistes geld. Dit word in die beskrywing van die kursusse in hierdie brosjure vermeld.

JY WORD UITGENOOI OM DIE KURSUS(SE) WAT DIE BESTE AAN JOU BEHOEFTES VOLDOEN, TE KIES.

'n Lys van gevorderde kursusse sowel as die seminare, werkswinkels en basiese kursusse wat aangebied word, word afsonderlik onder die betrokke skakels voorsien. Gaan na die skakel “akademiese programme”. Die volgende inligting word ten opsigte van elke kursus voorsien:

• Die doel van elke kursus en wie mag inskryf

• Die datums waarop kursusse aangebied word

• Die plek van aanbieding

• Die prys

• Die dag- en/of weektemas

Gaan asseblief na die betrokke skakel (byv Akademiese programme/Gevorderde lang kursusse) om meer uit te vind van die kursus waarin jy belangstel.

HOE OM IN TE SKRYF:

Die registrasiedatum is een maand voor die aanvang van die kursus.

Jy registreer vir 'n kursus deur 'n registrasievorm in te vul. Die vorm saam met bewys van betaling moet aan die Sentrum gepos of gefaks word - die kontaknommers verskyn op die agterblad van hierdie brosjure. (As daar nie 'n registrasievorm by hierdie brosjure ingesluit is nie, kan een aangevra word deur 012 420-4951/2 te skakel.) Registrasievorms is ook op die web beskikbaar by: Regsitrasievorms

PRYS: Die prys van elke kursus word saam met die besonderhede oor die kursus aangedui.

BETALING VAN KURSUSFOOIE:

• Een- en tweejaarkursusse: 50% van kursusgeld met registrasie, die res aan

die begin van die tweede kontakweek vir jaarkursusse of aan die begin van

die derde kontakweek vir tweejaar-kursusse.

• Kortkursusse en werkswinkels: Volle kursusgeld met registrasie.

• Kansellasiefooi: R250.00 vir jaarkursusse; R150.00 vir kortkursusse.

As jy per tjek betaal, moet dit moet uitgemaak word aan CE@UP en gestuur word aan: Prof M Nel, Sentrum vir Kontekstuele Bediening, Fakulteit Teologie, Privaatsak X20, Hatfield, 0028. Betaling kan ook deur 'n elektroniese oorbetaling gedoen word, of deur 'n inbetaling by die bank. Besonderhede: Bank: ABSA; Takkode: 335545; Tak: Hatfield; Rek nommer: 4070268244. Die bewys van betaling, met die naam van die kursus waarvoor jy registreer,, moet gefaks word na 012 420 2000/Aandag Suki van Jaarsveld. Niemand kan geregistreer word sonder hierdie bewys van betaling nie.

DUUR VAN DIE KURSUSSE

Gevorderde (lang) kursusse: Vier van die gevorderde kursusse word oor 'n tydperk van twee jaar aangebied. Gedurende die twee jaar is daar vyf weke waartydens klas geloop word. Daar is ook voorgeskrewe boeke om deur te werk en werkstukke om te voltooi. Twee van die gevorderde kursusse word oor 'n tydperk van 'n jaar aangebied, met twee weke van klasbywoning. Besonderhede word hieronder in die brosjure verskaf.

Gevorderde kortkursusse: Hierdie kursusse word oor drie dae aangebied.

Basiese kursusse: Basiese kursusse word oor een jaar aangebied met twee weke van klasbywoning, versprei oor ses maande. Die twee inleidende kursusse wat deel van die basiese kursusreeks uitmaak, word ook oor die tydperk van 'n jaar aangebied, maar daar is meer kontakweke. (Die basiese kursusse word tans net in Engels aangebied omdat dit die beste werk in die betrokke teikengemeenskappe.)

Seminare en werkswinkels: Gewoonlik net een dag.

AKADEMIESE EN PROFESSIONELE KREDIETE:

Akademiese krediete (Onderrigeenhede O/E) word toegeken aan studente wat 'n kursus suksesvol voltooi. Die aantal krediete word bepaal deur die aantal ure in die klas, die kwaliteit van werkstukke en die uitslag van evaluerings. Akademiese krediete is veral waardevol vir nagraadse studie. Onderrigeenhede geld tegelyk ook as Professionele Eenhede (CPD punte) vir pastors. Wanneer nie aan evaluering deelgeneem word nie, word slegs Professionele Eenhede (CPD punte) vir bywoning toegeken. Vir pastors in die NG Kerk word punte in ooreenstemming met die A tot Z-beleid toegeken.

Krediete vir Basiese Kursusse:

Eenjaar kursus: 6 OE

Driedag kursus: 3 OE

Krediete vir Gevorderde Kursusse:

Tweejaar kursus: 30 OE of 100 CPD punte

Eenjaar kursus: 12 OE of 50 CPD punte

Driedae kursus: 3 OE of 30 CPD punte

Eendag seminare: 10 CPD punte

ONDERRIGMETODE:

Gedurende kontakweke: Kursusse word aangebied by wyse van lesings en klasbesprekings, in die atmosfeer van 'n seminaar.

Voorbereiding: Dit word van studente verwag om vir klasse voor te berei deur die voorgeskrewe materiaal te lees. Vir gevorderde kursusse is die getal voorgeskrewe bladsye ongeveer 3200 (4500 vir M-studente). Vir gevorderde kortkursusse is die getal bladsye ongeveer 1000. Vir basiese kursusse word ongeveer 500 bladsye studiemateriaal voorgeskryf.

Evaluering: Word gedoen deur werksopdragte (tuiswerk) asook oopboek-toetse aan die begin en 'n kort 'geheuetoets' aan die einde van elke kontakweek. Toetse kan mondeling of skriftelik wees.

Klasdeelname: Studente word aangemoedig om hul praktiese ervaring met die klas te deel.

GETAL KURSUSSE PER JAAR:

Twee- of eenjaarkursusse: Die maksimum getal twee- of eenjaarkursusse waarvoor 'n student op 'n keer mag inskryf, is twee.

Kortkursusse, seminare en werkswinkels: Geen beperking.

NAVRAE: Skakel: 012 420 4951/2 of besoek www.ccm.up.ac.za