TuksRoei se span wen Olimpiese goue medalje
Morris Gilbert
Gelaai op 02 Aug 2012
Span SA en TuksRoei se Liggewigvier in die mansafdeling, Matthew Brittain, Lawrence Ndlovu, John Smith en James Thompson, het met ’n wentyd van 06:02:84 minute ’n goue medalje by die 2012 Olimpiese Spele in Londen ingepalm.
Boodskap van die Visekanselier en Rektor van die Universiteit Van Pretoria
University Relations
Gelaai op 02 Aug 2012
Die Visekanselier en Rektor van die Universiteit van Pretoria, prof Cheryl de la Rey, is besonder trots op die Olimpiese goue medalje wat Matthew Brittain, Lawrence Ndlovu, John Smith en James Thompson vroeër vandag in hul roei-item verower het.
Leader5 tref die treinspoor
Willem Fourie
Gelaai op 01 Aug 2012
Musikant en videograaf, Deon Meiring en dr Willen Fourie, etikus by die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike leierskap (ALSVL) het gedurende Junie en Julie 2012 ’n inspirerende treinreis onderneem. Die projek, genaamd Leader5, is deur die ALSVL aangebied.
Na 150 jaar bedien Pretoria se fonteine steeds sy inwoners met skoon, vars water
Geologie/Geology
Gelaai op 01 Aug 2012
Vir meer as 150 jaar reeds is die inwoners van Pretoria se sentrale besigheidsdistrik afhanklik van die kristalhelder fonteine wat die stad vanaf sy vroegste dae voed.
Jongste PULP-publikasie oor Intellektuele Eiendom in Afrika
Yolanda Booyzen
Gelaai op 19 Jun 2012
Die jongste publikasie van Pretoria University Law Press is die Adams & Adams Practical Guide to Intellectual Property in Africa. Laai jou gratis kopie nou af!
Ambassade van Azerbeidjan bou verhouding met die Universiteit van Pretoria
Sanku Tsunke
Gelaai op 01 Aug 2012
Die Ambassade van Azerbeidjan in Suid-Afrika het 'n versameling boeke aan die Departement Biblioteekdienste van die Universiteit van Pretoria geskenk om sodoende meer inligting oor die Republiek van Azerbeidjan beskikbaar te stel.
Universiteit van Pretoria vier Mandeladag
Sanku Tsunke
Gelaai op 01 Aug 2012
Meer as 20 personeellede en studente van die Universiteit het Mandeladag gevier deur deel te neem aan ’n opknappingsprojek by ’n skool in Mamelodi, waar hulle 12 klaskamers geverf het.
SIFE UP blink uit by die SIFE 2012 Nasionale Kompetisie
Student Life/Studentelewe
Gelaai op 31 Jul 2012
Die lang ure wat hulle aan hul voorbereiding vir die Studente vir Vrye Ondernemerskap (SIFE) se 2012 Nasionale Kompetisie bestee het, was beslis die moeite werd vir die span van die Universiteit van Pretoria, wat na die finale rondte deurgedring het. Altesaam 27 instansies het aan die kompetisie deelgeneem en die UP-span het die derde plek verower.
Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap vorm gemeenskap van praktyk
Suzanne Kleynhans
Gelaai op 31 Jul 2012
Die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL), wat in die Departement Ondernemingsbestuur gesetel is, het ’n belangrike bydrae gelewer tot die gesprekke oor transformasionele leierskap gedurende ’n werkswinkel wat in Julie 2012 plaasgevind het.
Dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde een van Suid-Afrika se invloedrykste vroue in die sakewêreld en regering 2012
Faculty/Fakulteit
Gelaai op 30 Jul 2012
Die Dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde, prof Irma Eloff, is een van die drie Mees Invloedryke Vroue in die Sakewêreld en Regering in Suid-Afrika in 2012 – in die kategorie Opvoeding.