University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  

Nuus & gebeure (Argief)

Mummenschanz besoek UP Drama!
Gelaai op 19 Jun 2008

Die Dramadepartement was hoogs bevoorreg om ?n neutrale masker-werkswinkel te kon bywoon

[Lees Meer]

Pionier op die gebied van kognitiewe veroudering besoek Universiteit
Estelle Walmsley
Gelaai op 13 Jun 2008

Dr Anderson Smith, Senior Viseprovoos van Akademiese Sake aan die Georgia Institute of Technology en ?n pionier in die Instituut se program oor kognitiewe veroudering, lewer op 19 Junie 2008 ?n lesing oor veranderings in volwassenes se geheue by die Universiteit.

[Lees Meer]

Waardevolste uitstalling ooit op die kampus
Gerard de Kamper
Gelaai op 13 Jun 2008

Mnr Alec Wapnick, 'n oud-Tukkie en prominente sakeman van Pretoria, het oor dekades 'n uitsonderlike versameling van kunswerke oor die groei en ontwikkeling van Pretoria opgebou. Die versameling sal vanaf 17 Junie op die Universiteit se Hatfield-kampus besigtig kan word.

[Lees Meer]

TuksAlumni Legends 2008 lok duisende
Danie van Wyk
Gelaai op 06 Jun 2008

Die afgelope naweek (31 Mei 2008) het die TuksAlumni Padhardlopers hul jaarlikse 21.1- en10 km-stap/hardloopwedlope by Waterkloof Lugmagbasis in Centurion aangebied. Ongeveer 1800 hardlopers en stappers het deelgeneem.

[Lees Meer]

Kom leer meer van aartappels by UP
Gilbert Mokwatedi
Gelaai op 05 Jun 2008

Die Universiteit van Pretoria is die gasheer van ʼn tien dag lange Aartappeluitstalling ter viering van die Internasionale Jaar van die Aartappel. Die geleentheid word deur die Ambassade van Peru in samewerking met die Verenigde Nasies Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO), die Departement Landbou, Aartappel Suid-Afrika en die Universiteit van Pretoria gereŽl.

[Lees Meer]

Donasies vir slagoffers van xenofobia kry momentum
Gilbert Mokwatedi
Gelaai op 03 Jun 2008

Die Rektor van die Universiteit van Pretoria het studente, personeel en besoekers bedank wat gereageer het op 'n oproep om voedsel en ander goedere te kollekteer en aan slagoffers van onlangse xenofobiese aanvalle te skenk. Professor Calie Pistorius het gesÍ dat die positiewe reaksie 'n aanduiding is dat die Universiteit en sy gemeenskap werklik omgee. Sedert verlede week het die Universiteit se gemeenskap voedsel, komberse, klere en ander items geskenk.

[Lees Meer]

UP koor vier 40ste verjaarsdag
Pamela Oosthuizen
Gelaai op 26 May 2008

Tuks Camerata, voorheen bekend as die Tukkiekoor het sy 40ste verjaarsdag op luisteryke wyse gevier gedurende die Universiteit van Pretoria se Alumni Tuiskomsweek in Mei 2008.

[Lees Meer]

UP studente in optog teen zenofobiese aanvalle
Emmerentia Nel
Gelaai op 26 May 2008

UP studente het Vrydag, 23 Mei, aan ?n optog op die Universiteit se Hatfieldkampus deelgeneem om teen zenofobia te protester. Die optog, wat deur studente van die Universiteit ge-organiseer is, het ten doel gehad om die studente se solidariteit met die slagoffers van misdaad teen buitelanders te wys.

[Lees Meer]

Voornemende studente stroom na UP
Emmerentia Nel
Gelaai op 26 May 2008

Meer as 30 000 studente en hulle ouers het die Universiteit van Pretoria se jaarlikse Opedag op Saterdag, 24 Mei, bygewoon.

[Lees Meer]

Kragonderbrekings gedurende die Junie-eksamens
Thato Magano
Gelaai op 23 May 2008

Die Senaatkomitee aan die Universiteit van Pretoria het 'n beleidvoorstel in verband met kragonderbrekings gedurende die Junie-eksamentydperk goedgekeur. Die doel van hierdie voorstel is om die impak van moontlike kragonderbrekings tydens die eksamentydperk te verminder. Die voorstel is op 15 Mei 2008 goedgekeur.

[Lees Meer]

 
 
« Back... 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 ...Next »
 
«Terug na die huidige nuus