University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  

Nuus & gebeure

Referaat oor regeringsmaatskappye ontvang toekenning
School of Public Management and Administration
Gelaai op 28 Mar 2014

David Fourie, ín professor in die Skool vir Openbare Bestuur en Administrasie, het ín toekenning ontvang vir die beste referaat, getiteld ĎAn analysis of the performance of the public sector enterprises in the South African economyí, by die 9de Internasionale Konferensie oor Openbare Administrasie in Kaapstad.

[Lees Meer]

UP se Aanvanklike Toets van Bevoegdheid/(ITC)-uitslaeÖ goed, beter, beste!
Department of Accounting
Gelaai op 28 Mar 2014

Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe is uiters trots om aan te kondig dat die Universiteit van Pretoria (UP) Ďn eerstekeer-slaagsyfer van 98% behaal het, met 211 uit UP se 216 eerstekeer-kandidate wat die eksamen geslaag het. Hierdie is die hoogste slaagsyfer van alle SAIGR-geakkrediteerde universiteite in Suid-Afrika.

[Lees Meer]

Meestersgraadstudente hou navorsingsprojekte voor
Tourism Management Division
Gelaai op 26 Mar 2014

Twee meestersgraadstudente in Toerismebestuur is die geleentheid gebied om hul navorsingsprojekte met rolspelers in die toeristebedryf te deel tydens íín navorsingseminaar wat in Maart 2014 deur die Nasionale Departement van Toerisme aangebied is. Die studenteprojekte vorm deel van íín groter studie, wat deur die Afdeling Toerismebestuur in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe onderneem is, oor die ontwikkeling van íín model om Suid-Afrika se mededingendheid as íín toeristebestemming te meet.

[Lees Meer]

Navorsing onderweg oor hoe mobiele toestelle ondersteuning aan wiskundeonderwysers kan bied
Petronel Fourie
Gelaai op 26 Mar 2014

Prof Ronťl Ferreira, Hoof van die Departement Opvoedkundige Sielkunde in UP se Fakulteit Opvoedkunde, en prof Gerrit Stols, seniordosent in die Departement Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologieonderwys, is deel van ín interuniversitÍre span wat befondsing vir ín navorsingsprojek oor die ontwikkeling van ín Wiskunde-inligtingsverskaffingsentrum (MIDHub) vir graad 10- tot graad 12-onderwysers ontvang het.

[Lees Meer]

UP Ekonomie-studente ontvang gesogte beurse
Department of Economics
Gelaai op 20 Mar 2014

Twee nagraadse studente van die Departement Ekonomie het Ekonomiese Navorsing Suider-Afrika (ERSA)-beurse ontvang. ERSA is ín navorsingsprogram wat deur die Nasionale Tesourie van Suid-Afrika befonds word. Wat die prestasie so merkwaardig maak is die feit dat die Universiteit van Pretoria se department die enigste Ekonomie departement van SA universiteite is waarvan twee kandidate beurse ontvang het.

[Lees Meer]

Navorsingsfokus: Drie redes om Verdienste per Aandeel te bevraagteken
Faculty of Economic and Management Sciences
Gelaai op 19 Mar 2014

Prof Johannes de Wet, medeprofessor by die Universiteit van Pretoria, sÍ analiste en ander gebruikers van finansiŽle verslae moet versigtig wees vir die valstrik van gerapporteerde Verdienste per Aandeel (VPA)-prestasie. ďín Betwyfelbare oorbeklemtoning van korttermyn VPA-prestasie lei tot ín verwronge beeld van ware prestasie,Ē sÍ prof De Wet in ín artikel oor korporatiewe prestasiebestuur.

[Lees Meer]

Navorser ontvang die 2013 Emerald Afrika Bestuursnavorsingfonds-toekenning
Department of Human Resource Management
Gelaai op 14 Mar 2014

Dr Nasima Carrim van die Departement Menslikehulpbronbestuur het ín toekenning ontvang vir ín navorsingsprojek wat sy op die gebied van bestuur doen.

[Lees Meer]

Navorsing identifiseer positiewe ouerskap as ín kritieke bemiddelaar in MIV-positiewe gesinne
Petronel Fourie
Gelaai op 14 Mar 2014

Nuwe navorsing wat in die Fakulteit Opvoedkunde gedoen is, toon dat die beoefening van positiewe ouerskap deur MIV-positiewe moeders ín baie belangrike bemiddelaar is wat betref kinders se vermoŽ om hul moeders se siekte te hanteer. Die bevindinge gee te kenne dat intervensies vir vroue wat met MIV saamleef, asook vir hul kinders, nie slegs aandag aan die sielkundige funksionering (depressie en hantering) van die moeders moet gee nie, maar ook aan ouerskap en die bevordering van ín positiewe benadering.

[Lees Meer]

Top internasionale navorser besoek die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Department of Human Resource Management
Gelaai op 13 Mar 2014

Prof Manfred Weiss van die Goethe Universiteit in Frankfurt, Duitsland, het die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe besoek en lesings in die Fakulteit aangebied.

[Lees Meer]

Nuwe navorsingsentrum op Groenkloofkampus
Faculty/Fakulteit
Gelaai op 13 Mar 2014

Ďn Moderne nuwe fasiliteit wat navorsingsgeleenthede vir nagraadse studente van die Fakulteit Opvoedkunde sowel as ander fakulteite van die Universiteit sal skep, is onlangs by die Groenkloofkampus opgerig.

[Lees Meer]

 
 
« Back... 1 ...Next »
 
«Besigtig Argiewe  |   Subscribe to 's news feed