English |  Afrikaans |    
  

Beurse vir die kunste

Deur DUR / DUV

Gelaai op 10 Augustus 2012

Mnr Tshepo Tsotetsi, mnr Leo Haese, me Phuti Sepuru, mnr Nicholas Makamu en die Vise-kanselier en Rektor, prof Cheryl de la Rey
Mnr Tshepo Tsotetsi, mnr Leo Haese, me Phuti Sepuru, mnr Nicholas Makamu en die Vise-kanselier en Rektor, prof Cheryl de la Rey

Mnr Leo Haese, wat reeds die afgelope 21 jaar die etensuurkonserte op die Hatfieldkampus borg en eienaar van twee BMW-agentskappe is, het ter viering van 30 jaar in die motorbedryf drie beurse aan verdienstelike studente in die uitvoerende en visuele kunste beskikbaar gestel.
Twee musiekstudente en een visuele kunste-student het elk ʼn beurs van R10 000 vir 2012 ontvang. Die beurse is op meriete toegeken. Die musiekstudente wat die beurse ontvang het, is me Phuti Sepuru en mnr Tshepo Tsotetsi. Me Sepuru, wat vanjaar met ʼn MMus in Musiekopvoeding begin het, is ʼn begaafde jazz-pianiste. Mnr Tsotetsi is ʼn derdejaar BMus-student en bespeel die saksofoon, klarinet en klavier (jazz en klassieke musiek). Mnr Nicholas Makamu, ʼn tweedejaarstudent in Visuele Kunste, is die derde beursontvanger.

Die Visekanselier en Rektor, prof Cheryl de la Rey, was op Maandag 6 Augustus gasvrou by ʼn geleentheid waartydens die Universiteit en die drie beursontvangers hul dank teenoor mnr Haese betuig het.

Mnr Haese was in die vroeë 1970’s ʼn BCom- en MBA-student en is ʼn UP-Laureaat-ontvanger.



Bookmark this page: