Department van Konstruksie-ekonomie ontvang “Global Change” Toekenning
Ilze Lombard
Gelaai op 26 Jan 2012
Prof. Chris Cloete en Prof. Chrisna du Plessis het ‘n R3,26 miljoen navorsingstoekenning vanaf die NRF onder die “Global Change Grand Challenge Science Plan” ontvang met die doel om ‘n navorsingsprogram te ontwikkel wat spesifiek fokus op die opbou van die robuustheid van stede deur innovasie in die beplanning, ontwerp en konstruksie van die bou-omgewing.
TuksKrieket: Marchant se droomdebuut vir die Proteas
Christo Parsons
Gelaai op 24 Jan 2012
TuksKrieket-akademiespeler Marchant de Lange het onlangs ‘n merkwaardige toetsdebuut vir die Proteas in die tweede toets teen Sri Lanka in Durban gemaak.
Tukkies-student wen nasionale opstelkompetisie oor die antieke węreld
Faculty/Fakulteit
Gelaai op 24 Jan 2012
Mnr Christian Straeuli, ʼn student in die Departement Antieke Tale van die Universiteit van Pretoria, het die eksklusiewe KVSA Opstelkompetisie vir 2011 gewen.
TuksRugby: UP-Tuks 1 op koers in Varsitybekerveldtog
Morris Gilbert
Gelaai op 24 Jan 2012
UP-Tuks 1 is steeds op koers in hul voorbereiding vir die 2012 Varsitybeker-kompetisie ná hul oorwinning van 32-20 oor Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) op 20 Januarie.
Nuwe tuiste vir Plantwetenskappe
Sanku Tsunke
Gelaai op 20 Jan 2012
Die Visekanselier en Rektor van die Universiteit van Pretoria het amptelik ’n nuwe kompleks – die Plantwetenskappe-kompleks – geopen, wat verskeie departemente en institute op die gebied van die plantwetenskappe huisves. Die opening van die kompleks het saamgeval met die waarnemende Hoofuitvoerende Beampte, me Maureen Manyama-Matome, se bekendstelling van die SAFCOL-leerstoel in Bosbou.
Sentrum vir Kinderreg se jongste sukses in die Konstitusionele Hof
Elzet Hurter
Gelaai op 18 Jan 2012
Op 11 Januarie 2012 het die Universiteit van Pretoria se Sentrum vir Kinderreg as applikant opgetree in die saak van C en andere v LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, Gauteng en andere, waartydens die Konstitusionele Hof beslis het dat bepaalde seksies van die Kinderwet inderdaad ongrondwetlik was.
Kinderteater: Pippie trek haar Langkous aan!
Chris Broodryk
Gelaai op 12 Jan 2012
Die Dramadepartement kondig met trots vanjaar se kinderteaterproduksie aan, "Die Avonture van Pippie Langkous". Die regie word deur vermaaklikheidsveteraan Estelle Zeeman behartig. Let daarop dat die produksie in Afrikaans is.
Daghuise 2012
Mia Badenhorst
Gelaai op 11 Jan 2012
As jy beplan om in privaatakkommodasie (d.w.s nie ‘n koshuis) te woon in 2012, moet jy oorweeg om by een van die vier amptelike Tuks Daghuise aan te sluit.