Internasionale Konferensie oor Konvergensie en Mensregtekonflikte, en Internasionale Humanitêre Reg en Militêre optredes
Corporate Communication & Marketing / Korporatiewe Kommunikasie & Bemarking
Gelaai op 31 Aug 2012
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is verbind tot die beskerming van Suid-Afrika en sy landsburgers en is trots op die rol wat sy gewapende magte gespeel het ten opsigte van die handhawing van vrede in lande wat voorheen deur konflik geteister is.
Liesel Ebersöhn vereer met 2012-toekenning vir Uitnemende Vroue in Wetenskap
Gelaai op 29 Aug 2012
Prof Liesel Ebersöhn is gekeur as finalis in die 2012-toekenning vir Uitnemende Vroue in Wetenskap, in die kategorie Sosiale en Geesteswetenskappe. Die toekenning het by ’n funksie van die Departement van Wetenskap en Tegnologie op Vrydag 24 Augustus 2012 plaasgevind.
Lonmin: Akademikus gee sy mening.
ALCRL
Gelaai op 28 Aug 2012
Prof Derick de Jongh, Direkteur van die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap, het op 21 Augustus 2012 tydens 'n onderhoud op Radio Sonder Grense (RSG) sy mening uitgespreek oor die onlangse Lonmin gebeure en die rol wat verantwoordelike leierskap kan en behoort te speel in soortgelyke situasies.
Die Departement Produksiedierstudies span saam met die Suider-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV) om voortgesette ontwikkeling in die pluimveebedryf te steun
PI
Gelaai op 28 Aug 2012
Die Universiteit van Pretoria se Departement Veeartsenykunde en die pluimveebedryf het ooreengekom om ’n tweeledige benadering ter ondersteuning van die voortgesette ontwikkeling van die pluimveebedryf te volg. Die pluimveebedryf lewer ’n aansienlike bydrae tot die Suid-Afrikaanse ekonomie, sowel as tot nasionale voedselsekerheid. Pluimveeproduksie het in 2011 vir 22,2% van alle landbouproduksie en 45,5% van diereprodukte gesorg.
Aula herdenking
UP Archives/UP Argiewe
Gelaai op 27 Aug 2012
In die vroeë jare van die Transvaal Universiteitskollege was daar nie ‘n saal vir groter studente byeenkomste op die Hatfield kampus beskikbaar nie. Om daardie rede het promosieplegtighede, by voorbeeld, in die Pretoria Stadsaal plaasgevind en is die Graduandi bal in ‘n hotel in die middestad gehou.
Universiteit van Pretoria vier Tuks-Atlete se 2012 Olimpiese prestasies
Sanku Tsunke
Gelaai op 27 Aug 2012
Tydens 'n seremonie wat deur die Visiekanselier en Rektor, prof Cheryl de la Rey, en die Adjunkminister van Sport en Ontspanning, mnr Gert Oorsthuizen, bygewoon is, is die 32 atlete, afrigters en personeel van Tuks wat aan vanjaar se Olimpiese Spele in Londen deelgeneem, het vir hul prestasies geloof.
Politieke Wetenskappe-dosente ontvang R2m-toekenning
Department of Political Sciences/Departement Politieke Wetenskappe
Gelaai op 23 Aug 2012
Professors Maxi Schoeman en Lorenzo Fioramonti van die Departement Politieke Wetenskappe het onlangs ’n driejaarnavorsingstoekenning van die Europese Unie ontvang as deel van die internasionaal beroemde Framework-program 7.
Minister van Gesondheid belig die voordele van Nasionale Gesondheidsversekering by die Universiteit van Pretoria
Sanku Tsuke
Gelaai op 22 Aug 2012
Die Minister van Gesondheid, dr Aaron Motsoaledi, het die Universiteit van Pretoria besoek as deel van sy veldtog om die belangrikheid en relevansie van die regering se nuwe gesondheidsplan – nasionale gesondheidsversekering (NGV) – te verduidelik. Die doel hiervan is om Suid-Afrika se gesondheidsorgstelsel vir almal toeganklik te maak, insluitend die armste gedeelte van die bevolking.
Britse ridder en ontwerpghoeroe ontvang eredoktorsgraad van die Universiteit van Pretoria
Corporate Communication & Marketing/Korporatiewe Kommunikasie & Bemarking
Gelaai op 21 Aug 2012
Die Universiteit van Pretoria ken vandag, 21 Augustus 2012, ’n eredoktorsgraad toe aan die Britse argitek en ontwerpghoeroe, sir Terence Conran (81).
Navorsing deur dr Roula Inglesi-Lotz lok belangstelling van die 'University World News'
Department of Economics
Gelaai op 15 Aug 2012
Onlangse navorsing wat deur dr Roula Inglesi-Lotz, Senior Dosent by die Departement Ekonomie, in samewerking met prof Anastassios Pouris van die Instituut vir Tegnologiese Innovasie gedoen is, het die belangstelling van die University World News, ’n internasionale koerant en webblad wat verwikkelinge op die gebied van hoër onderwys wêreldwyd publiseer, geprikkel.