English |  Afrikaans |    
  

Nuus & gebeure (Argief)

’n Nuwe Afrika-Europese MA-program in Kulturele Verhoudinge word in 2013 by UP bekend gestel
Dr Stephan Mühr
Gelaai op 05 Jul 2012

Die studie van vreemde tale behels veel meer as die blote aanleer van kommunikasievaardighede. Vreemdetaalprogramme word, veral op akademiese vlak, toenemend deur die insluiting van aspekte van kulturele bevoegdheid gekenmerk.

[Lees Meer]

’n Eerste onder Suid-Afrikaanse rekeningkunde-akademici
Department of Accounting
Gelaai op 19 Oct 2012

Stephen Coetzee en Astrid Schmulian, albei personeellede van die Departement Rekeningkunde, is in kennis gestel dat hul manuskrip, getiteld “The effect of IFRS adoption on financial reporting pedagogy in South Africa”, vir publikasie in Issues in Accounting Education aanvaar is.

[Lees Meer]

Britse ridder en ontwerpghoeroe ontvang eredoktorsgraad van die Universiteit van Pretoria
Corporate Communication & Marketing/Korporatiewe Kommunikasie & Bemarking
Gelaai op 21 Aug 2012

Die Universiteit van Pretoria ken vandag, 21 Augustus 2012, ’n eredoktorsgraad toe aan die Britse argitek en ontwerpghoeroe, sir Terence Conran (81).

[Lees Meer]

UP se bemarkingsveldtogte geloof
Nicolize Mulder
Gelaai op 18 Oct 2012

“Die Tuks-kampusbordspel is ’n unieke en vindingryke inligting- en bemarkingstrategie. Die Universiteit van Pretoria se span verdien inderdaad eervolle vermelding.” Dit was die mening van die span beoordelaars by die Bemarking, Bevordering en Kommunikasie in Onderwys (MACE) se Toekenningseremonie wat verlede week in Kaapstad gehou is.

[Lees Meer]

Prof Brenda Wingfield verkies tot ASSAf-raad
Martie Meyer
Gelaai op 18 Oct 2012

Prof Brenda Wingfield, die Adjunkdekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe en 'n navorser van internasionale formaat, is in September 2012 verkies tot die Raad van die Suid-Afrikaanse Wetenskap-Akademie (ASSAf) vir die tydperk 2012-2016.

[Lees Meer]

Prof Pat Eriksson wen toonaangewende prys
Martie Meyer
Gelaai op 18 Oct 2012

Prof Pat Eriksson, Hoof van die Departement Geologie in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, is deur TWAS (Academy of Sciences for the Developing World) vereer vir sy fundamentele bydrae tot die insig in Pre-kambriese sedimentasiesisteme binne ʼn breër chronologiese en geodinamiese raamwerk.

[Lees Meer]

John Elkington beklemtoon “noodsaaklike sistemiese verandering”
GIBS News
Gelaai op 17 Oct 2012

John Elkington, ’n wêreldbekende gesaghebbende op die gebied van korporatiewe verantwoordelikheid en volhoubare ontwikkeling, het ’n propvol saal by die Gordon Institute of Business Science (GIBS) in Illovo, Johannesburg toegespreek tydens ’n geleentheid wat aangebied is deur GIBS se Transnetprogram in Volhoubare Ontwikkeling, in samewerking met die Cambridge-program vir Volhoubare Leierskap.

[Lees Meer]

Die Economist Intelligence Unit se Sakeprofessor van die Jaar-toekenning
GIBS News
Gelaai op 17 Oct 2012

Ons kondig graag met trots aan dat professor Adrian Saville vir die Economist Intelligence Unit se Sakeprofessor van die Jaar-toekenning genomineer is.

[Lees Meer]

Werkende vroue
GIBS News
Gelaai op 17 Oct 2012

Anglo American Platinum het, in vennootskap met die Gordon Institute of Business Science (GIBS), 11 vroulike werknemers ingesluit by Nexus, ’n leiersprogram wat deel uitmaak van die GIBS se Sentrum vir Leierskap en Dialoog. Hierdie vroue is as die toppresteerders in die maatskappy geïdentifiseer en sal ontwikkel word met die oog op bevordering na hoër poste.

[Lees Meer]

FT beskou GIBS se MBA as die beste in Afrika
GIBS News
Gelaai op 17 Oct 2012

Volgens die Financial Times (FT) se jongste gradering van MBA-programme vir 2012 wat vandag vrygestel is, het die Universiteit van Pretoria se Gordon Institute of Business Science (GIBS) sewe plekke op die rangleer gevorder en beklee dié Instituut nou die 60ste plek op die lys van die top 100 MBA-programme vir bestuurders.

[Lees Meer]

 
 
« Back... 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114 115 116 117 118 119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133 134 135 136 137 138 139 140 141 142 143 144 145 146 147 148 149 150 151 152 153 154 155 156 157 158 159 160 161 162 163 164 165 166 167 168 169 170 171 172 173 174 175 176 177 178 179 180 181 182 183 184 185 186 187 188 189 190 191 192 193 194 195 196 197 198 199 200 201 202 203 204 205 206 207 208 209 210 211 212 213 214 215 216 217 218 219 220 221 222 223 ...Next »
 
«Terug na die huidige nuus