University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  

Nuus & gebeure

UP-professor vereer met ’n lewenslange-prestasie-toekenning
Ansa Heyl
Gelaai op 05 Aug 2014

Die toekenningsprogram vir Afrika se Invloedrykste Vroue op Sakegebied en in die Regering word reeds verskeie jare lank erken as dié top- erkenningsplatform vir vroue. Die program gee erkenning aan die bydraes van vroue in ’n verskeidenheid sektore en identifiseer vroue in die sakewęreld en die regering wat konsekwent ’n positiewe invloed op ons vasteland uitoefen. Op Woensdag 30 Julie 2014 het UP se prof Carolina Koornhof ’n lewenslange prestasie-toekenning vir haar bydrae tot onderwys en opleiding in Suid-Afrika ontvang (“Country Lifetime Achievement award for Education and Training: Academic”) tydens ’n byeenkoms van vroue wat deur hul uitmuntende bydraes ’n verskil aan die Afrika-sakegemeenskap gemaak het.

[Lees Meer]

UP deel van Afrika inisiatief om malaria, ’n Afrika-probleem, op te los
Ansa Heyl
Gelaai op 04 Aug 2014

Die Afrika Konsortium vir Malariavaksiennavorsing is op 25 Julie tydens ’n simposium oor malariavaksienstudies in Afrika in Akkra, Ghana tot stand gebring. Die Universiteit van Pretoria (UP) is een van die stigterslede van die konsortium en sal saam met die ander lede befondsingsvoorstelle ondersoek.

[Lees Meer]

UP-navorsing pak bosluise
Louise de Bruin
Gelaai op 04 Aug 2014

’n Enkele vyandige skepseltjie is besig om vernietiging onder beesboere in al die belangrikste veeproduksieprovinsies van Suid-Afrika te saai. Dr Christine Maritz-Olivier van die Departement Genetika by die Universiteit van Pretoria (UP) is die leier van ’n groep nagraadse studente wat sukses behaal met die vind van ’n oplossing vir die verligting, en hopelik die uitroei, van die huidige beesbosluisprobleem. Hul werk sluit ’n diens aan boere in oor die keuse van dipstowwe waarteen weerstand op hul plase nog nie opgebou het nie, asook oor inentingsontwikkeling teen die parasiet. Gesamentlik blyk dit ’n kragtige wapen te wees waarmee hierdie parasiet nie rekening kan hou nie. Dié diens strek nie net tot die boer se voordeel nie, maar verryk ook die groep se navorsingsdata.

[Lees Meer]

UP is voorloper in baanbreker-bewaringsnavorsing
Myan Subrayan
Gelaai op 04 Aug 2014

Die Universiteit van Pretoria (UP) se Departement Biblioteekdienste, in samewerking met Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke), het op 30 Julie 2014 ’n insiggewende werkwinkel in die Merensky 2-biblioteek gehou. Aanbiedings is gelewer oor die waardevolle navorsing wat by UP gedoen word om tot die bewaring van renosters en olifante by te dra.

[Lees Meer]

Veeartse van UP ontvang erkenning vir hul bydrae tot die bewaring van renosters
Louise de Bruin
Gelaai op 04 Aug 2014

Op Węreldwildbewaardersdag wat op 31 Julie gevier is, het die Wildbewaardersvereniging van Afrika (GRAA) sy jaarlikse Renoster-toekenningseremonie gehou om erkenning te gee aan die toegewyde pogings van individue en organisasies wat by die beskerming van bedreigde spesies betrokke is. Drs Gerhard Steenkamp en Johan Marais, twee uithaler-veeartse van die Universiteit van Pretoria, was onder diegene wat tydens die seremonie vereer is.

[Lees Meer]

GIBS en Primedia Unlimited se koopsentrum-divisie ontdek koopsentrumgoud
GIBS News
Gelaai op 01 Aug 2014

Die Universiteit van Pretoria se Gordon Institute of Business Science (GIBS) en Primedia Unlimited se koopsentrum-divisie het kragte saamgesnoer in ʼn koopsentrumopname om kopersgedrag en hoe dit deur advertering geraak word, te bepaal.

[Lees Meer]

IVVW voer nasionale akkreditasie-inisiatief aan en baan weg vir loopbane vir studente
Louise de Bruin
Gelaai op 01 Aug 2014

Die Instituut vir Voedsel, Voeding en Welstand (IVVW) van die Universiteit van Pretoria (UP) is die dryfkrag agter ’n belangrike inisiatief wat ten doel het om die toereikendheid van voedsel, betreffende beide kwantiteit en kwaliteit, wat vir die Suid-Afrikaanse publiek beskikbaar is, te verseker.

[Lees Meer]

Gemenebes-beurshouer by UP spits hom toe op die verhouding tussen kunswerk en toeskouer
Renee Conradie
Gelaai op 30 Jul 2014

Johan Thom, ’n uiters produktiewe kunstenaar wat reeds talle toekennings ontvang het en tans as ‘n dosent in die Universiteit van Pretoria se Departement Beeldende Kunste werksaam is, sal binnekort sy PhD-graad van die University College of London (UCL) deur die Slade School of Art ontvang. Thom, wat in 2008 ’n Gemenebesbeurs van die Canon Collins-trust ontvang het, het verlede jaar na Suid-Afrika teruggekeer om as die koördineerder vir nagraadse studente by die personeel van sy alma mater aan te sluit.

[Lees Meer]

Sentrum vir Menseregte stel gender-ouditinstrument bekend
Centre for Human Rights
Gelaai op 30 Jul 2014

Die Sentrum vir Menseregte het onlangs ’n gender-ouditinstrument bekendgestel wat ten doel het om gendergelykheid/-ongelykheid by hoëronderwysinstellings in Afrika te ondersoek. Die instrument, wat deur die Noorweegse Ministerie van Buitelandse Sake befonds is, is ontwerp vir introspektiewe ondersoek na die stand van gendergelykheid/-ongelykheid by hoëronderwysinstellings dwarsoor Afrika met die doel om groter genderpariteit teweeg te bring.

[Lees Meer]

Dosent in wetenskaponderwys deur Mail & Guardian vereer
Faculty/Fakulteit
Gelaai op 30 Jul 2014

Me Kgadi Mathabathe van die Departement Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologieonderwys is as een van die Mail & Guardian se Top 200 Jong Suid-Afrikaners (in die kategorie Opvoedkunde) aangewys.

[Lees Meer]

 
 
« Back... 1 ...Next »
 
«Besigtig Argiewe  |   Subscribe to 's news feed