English |  Afrikaans |    
  

TuksFM/UP "Winterwarmte-veldtog" kombersinsameling

Deur Vice-Chancellor and Principal/Visekanselier en Rektor

Gelaai op 19 Junie 2012

Daar is tans talle oproepe in die media vir kombersskenkings wat minder- bevoorregtes in staat sal stel om die koue winterweer makliker af te weer.

Ek glo dat die Universiteit van Pretoria ook hierdie verdienstelike saak kan ondersteun en sodoende bewys dat ons medelye met behoeftiges het en daartoe verbind is om ʼn verskil te maak. Ons besef terdeë dat liefdadigheid nie ʼn blywende oplossing bied vir die uitdagings van armoede in ons samelewing nie, maar die harde werklikheid van die winterkoue is vir derduisende mense ʼn onmiddellike probleem wat dringend aangespreek moet word.
 
Ons oogmerk is om minstens 2 000 komberse in te samel.
 
Ek nooi u vriendelik uit om saam met my ʼn skenking aan bogenoemde insamelingsveldtog te maak  sodat ons so veel as moontlik komberse kan insamel.
 
Gee asseblief u komberse van Maandag 18 Junie 2012 tot Vrydag 6 Julie 2012, tussen 06:00 en 18:00 by die TuksFM-ateljee in die Studentesentrum (bo Pie City) in. 
 
Komberse sal aan verskeie liefdadigheidsorganisasies – wat later aangewys sal word – gestuur word.
 
Dankie vir u ruim bydrae.
 
Prof C de la Rey
Visekanselier en Rektor


Bookmark this page: