English |  Afrikaans |    
  

Die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoelinisiatief (SARChI) ken bykomende leerstoele aan UP toe

Deur Corporate Communication and Marketing/Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking

Gelaai op 20 Februarie 2012

Die Nasionale Navorsingstigting (NNS) onder hul Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoelinisiatief het vier Navorsingsleerstoele aan die Universiteit van Pretoria toegeken. Die Universiteit het dus nou 11 Leerstoele van SARChI.

Die volgende Navorsingsleerstoele is aan die Universiteit toegeken:

  1. Volhoubare Malariabeheer
  2. Belastingbeleid en -regering
  3. Wiskundige Modelle en Metodes in Bio-ingenieurswese en Biowetenskappe
  4. Gevorderde Sensornetwerke

Die minister van Wetenskap en Tegnologie, Naledi Pandor, het aangekondig dat 60 nuwe Navorsingsleerstoele aan verskeie hoëronderwysinstellings toegeken is om die land se universiteite te versterk sodat hoëkwaliteit- nagraadse studente, navorsing en innovasie-uitsette opgelewer kan word. Hierdie doelstelling stem goed ooreen met die Universiteit van Pretoria se ambisie om die voorste navorsingsintensiewe universiteit op die Afrikakontinent te word. 

By die toekenning van die Leerstoele is daar spesiale oorweging geskenk aan universiteite van tegnologie, landelik-gebaseerde instellings en instellings wat nie voorheen aan die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoelinisiatief deelgeneem het nie. Universiteite soos UP, die Universiteit van Kaapstad (UCT) en die Universiteit van Johannesburg (UJ) het dienooreenkomstig slegs vier Leerstoele ontvang.



Bookmark this page: