Navorsing
Prof Gilbert Onwu
PhD University of East Anglia, VK
Navorsingsfokus:
(1) Kognissie en chemise onderwys,
(2) Wetenskapprosesvaardigheidsassessering,
(3) Inheemse kennisstelsels,
(4) Onderrig in groot wetenskapklasse waar 'n gebrek aan hulpbronne bestaan.
Dr Rian De Villiers
PhD (Plantkunde)(Pret)
Navorsingsfokus:
(1) Onderwyseropleiding in lewenswetenskappe-onderwys,
(2) Waardes en oortuigings in die lewenswetenskappeklaskamer (3) Onderwysermigrasiestudie d.i. oorgrensmiboliteit en migrasie van gekwalifiseerde onderwysers.
Dr Gerrit Stols
PhD Unisa
Navorsingsfokus:
(1) Meetkunde en tegnologie in wiskunde-onderwys,
(2) Gebruik van dinamiese meetkundesagteware in die professionele ontwikkeling van onderwysers.
Grietjie Haupt
MEd (CIE) (Pret)
Navorsingsfokus:
(1) Probleemoplossing en ontwerpstudie in tegnologie-onderwys,
(2) Die rol van teken in kognitiewe ontwikkeling in.
Elize Randall
BSc (Pret), BEd Unisa
(1) Onderwyserdoeltreffendheid in die onderrig van groot wetenskapklasse waar 'n gebrek aan hulpbronne bestaan,
(2) Kognisie en konseptuele begrip in chemie-onderwys.
Dr Willem Rauscher
PhD (Pret)
Navorsingsfokus:
(1) Die affektiewe aspekte van leer in 'n aanlynomgewing asook tegnologiese kennis soos van toepassing op die Tegnologieleerarea.
Sonja van Putten
BA H Ed Hon (Pret)
Navorsingsfokus:
(1) Wiskunde-onderwys, veral meetkunde.
Hanlie Botha
BComm HOD VDO Universiteit van die Vrystaat
(1) Die verwantskap tussen sintaktiese wiskundekennis en ervaringskennis,
(2) Faktore wat studente-onderwysers se ingesteldheid teenoor woordsomme beïnvloed,
(3)Of deelname aan 'n wetenskap- of wiskunde-expo die studente se persepsies/ingesteldhede van hul rolle as toekomstige wiskundeonderwysers beïnvloed.
Dr Mia Abrie
PhD Universiteit van Natal
(1) Die gehalte van onderwysersopleiding in lewenswetenskappe,
(2) Die invloed van taal op die prestasie van studente-onderwysers.
Corène Coetzee
MSc (Fisika) (Pret)
(1) Wetenskapprosessvaardigheid-assessering.
(2) Wetenskaponderwysers se reaksie op leerdergeïnisieerde vrae.
Dr Estelle Gaigher
PhD (Wetenskaponderwys) (Pret)
(1) Probleemoplossing in fisika,
(2) Konseptuele begrip,
(3) Onderwyserreaksie in wetenskapklaskamers en voordiensonderwysersopleiding.
|