University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Department of Veterinary Tropical Diseases

Nuus

UP se Uitnemende Jong Navorser van 2014 dra bevindinge voor aan internasionale gehoor - 23/10/2014
Vanaf Department of Veterinary Tropical Diseases

Prof Darryn Knobel verskaf belangrike insig in die beheer en voorsienbare uitwissing van hondsdolheid. Hy het onlangs ín aanbieding oor sy werk gelewer tydens die 39ste kongres van die WÍreldveeartsenykundevereniging vir Kleindiere (WSAVA) wat in Kaapstad gehou is. Prof Knobel staan aan die hoof van UP se Fakulteit Veeartsenykunde se navorsingsgroep oor die ekologie van die hondebevolking en die epidemiologie van hondsdolheid, wat navorsing doen oor die ekologie van hondebevolkings wat eienaars het en vry rondloop in gemeenskappe met beperkte bronne, veral in kontakgebiede wat aan natuurlewegebiede grens. Die groep se doelstelling is om ín beter begrip te ontwikkel van die interaksie tussen hondebevolkingsdinamika en hondsdolheidbeheer, asook van ander aspekte van die gesondheid en welsyn van honde.

[Lees Meer]