University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
UP Kampustoere

Nuus

Groot onderwysontwikkelingstoekenning aan UP - 19/08/2014
Die Departement van HoŽr Onderwys en Opleiding het befondsing van R8 miljoen vir die ontwikkeling van hoŽr onderwys toegestaan gegrond op ín projekplan wat deur die Universiteit van Pretoria en die Universiteit van Kaapstad voorgelÍ is. Die Universiteit van Pretoria (UP) sal hierdie ontwikkeling koŲrdineer, wat op die vestiging van ín gemeenskaplike oop opvoedkundige brontermbank (OERTB) vir hoŽr onderwys gemik is.
[Lees Meer]
 
Prof Brenda Wingfield as Waarnemende Dekaan in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aangestel - 18/08/2014
Prof Brenda Wingfield is as Waarnemende Dekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aangestel vanaf 15 Augustus 2014. Sy volg in die voetspore van prof Anton StrŲh wat diť pos vir tien jaar beklee het. Hy is nou die Viserektor: Institusionele Beplanning by die Universiteit.
[Lees Meer]
 
Prof De Jongh as adjunk-professor in AustraliŽ aangestel - 18/08/2014
Professor Derick de Jongh, direkteur van die Albert Luthuli Sentrum vir Verantwoordelike Leierskap (ALSVL), is deur die Asia Pacific Centre for Sustainable Enterprise (APCSA) by Griffith-universiteit in AustraliŽ genooi om as besoekende professor op te tree, waarna hy ook as adjunk-professor by die instelling aangestel is.
[Lees Meer]
 
UP-kurator neem deel aan wÍreldklaskunsuitstalling - 18/08/2014
Daniel Rankadi Mosako, kunstenaar en kurator van die Edoardo Villa-museum en -versameling by die Universiteit van Pretoria, is gekies om Suid-Afrika by die UNESCO-kunskamp te verteenwoordig. Die kamp is van 17 tot 21 Julie in die geskiedkundige stad Ordino in Andorra gehou en deur 30 kunstenaars in die skone kunste uit verskillende lande bygewoon. Andorra is ín klein landjie geleŽ in die Pirenese gebergtes in die suidweste van Europa.
[Lees Meer]
 
Dr Forbes ontvang SACI-toekenning vir opvoedkundige spektrofotometer - 15/08/2014
Is dit moontlik om net R600 pleks van R30 000 vir ín spektrofotometer te betaal? Dit is wel nou moontlik danksy die vindingrykheid van dr Patricia Forbes van die Departement Chemie, wat ín opvoedkundige spektrofotometer ontwikkel het wat met ín boustel deur studente self gebou kan word vir ín breukdeel van die koste van ín kommersiŽle toetreevlakinstrument.
[Lees Meer]
 
UP-studente kry inspirasie by leierskapprogram in Washington DC - 15/08/2014
Die Suid-Afrika-Washington Internasionale Program (SAWIP), waarvan die UP-tak vroeŽr vanjaar gestig is, se visie is ín Suid-Afrika met sterk leiers wat ín globale perspektief het, wat andere met nederigheid en integriteit dien en op diť wyse toekomstige generasies inspireer om dieselfde te doen. Ter bereiking van hierdie doel word ín uiteenlopende nuwe generasie van opkomende Suid-Afrikaanse leiers in ín verskeidenheid dissiplines geÔnspireer, ontwikkel en ondersteun. Altesaam 18 studente (15 uit die Wes-Kaap en drie van UP) het ses weke in Washington DC deurgebring as deel van hierdie toonaangewende program.
[Lees Meer]
 
Innoverende tegnologiese ingryping vir wiskunde word nagevors en ontwikkel - 14/08/2014
ín Brandende vraagstuk in vandag se onderwysstelsel is hoe om die gehalte van wiskunde-onderrig en -leer in graad 10 tot 12 te verhoog. Prof Gerrit Stols van die Departement Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologieonderwys en ín span navorsers ondersoek moontlike oplossings wat inligting, kommunikasie en tegnologie (IKT) betref, soos die ontwikkeling van ín wiskunde-inligtingleweringspil, e-boeke en toepassings (apps) om juis hierdie probleem die hoof te bied.
[Lees Meer]