English |  Afrikaans |    
  
Huidige studente

Studente-parkering

Aangesien parkering op die kampus beperk is, moet studente toesien dat hulle om Parkeerskyfies aansoek doen.  Alle aansoeke sal deur die Kliëntedienssentrum verwerk word.

Satellietkampus- en / of Nagraadse Studente kan nou aanlyn aansoek doen om 'n parkeerskyfie.

Kliek hier vir die aanlyn aansoek

Hierdie studente sal egter eers aansoek kan doen indien hulle reeds geregistreer het. Hierdie stelsel is ongelukkig nie beskikbaar vir die gebruik vir voorgraadse studente vir die Hatfield kampus of vir koshuis studente nie. Koshuis studente sal steeds kan aansoek by hulle koshuis se Admin HK en die parkeerskyfie toonbank in die Kliëntedienssentrum.

Nadat u die aanlyn aansoek voltooi het, kan u die parkeerskyfie by u betrokke kampus se KDS toonbank afhaal. Alle geregistreerde satellietkampus studente en nagraadse studente kan deur middel van hierdie aanlyn stelsel aansoek doen om 'n relevante parkeerskyfie.

Verdere navrae kan gerig word aan Mev Iske, annemarie.iske@up.ac.za of 420 5171.

    Parkeer-en-Ry diens

 


Die Universiteit van Pretoria se Parkeer-en-Ry fasiliteit vir studente is beskikbaar tussen die Hatfieldkampus en LC De Villiers Sportgronde.

  • Die parkeerarea wat jy moet gebruik is reg langs die Daan Swiegersgebou op LC De Villiers, suid van die rugby stadion

  • Daar is wagte aan diens wat hulp sal verleen met parkering
     
  • Studente mmoet 'n geldige studentekaart wys indien gevra
  • Van LC De Villiers: Busse vertrek elke uur van 07:00 tot 17:00 en stop op die hoek van Suid- en Hildastraat

  • Van Hatfieldkampus: Busses vertrek elke uur van 20 minute voor die uur vanaf 07:40 en die laaste bus vertrek om 17:40

  • Die Parkeer-en Ry diens is gratis

  • Die diens word gereeld ge-evalueer en aanpassings gedoen na behoefte.