University of Pretoria Logo
English |  Afrikaans |    
  
Departement Fisika

Departement Fisika bied die SAIF 2012 konferensie aan

Deur Johan Janse van Rensburg

Gelaai op 11 April 2012

Die Universiteit van Pretoria se Departement Fisika bied vanaf 9 tot 13 Julie die 57ste Jaarlikse Konferensie van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Fisika aan.

Hierdie vierdag konferensie, wat op die Hatfield kampus aangebied word, word amptelik op Maandag 9 Julie geopen en sal met ’n banket op Vrydag 13 Julie afsluit. 

Twee winterskool-programme word ook op Maandag 9 Julie aangebied. Een daarvan sal ’n voldag skoolprogram wees oor die gebruik van neutrone as ’n instrument om materie te bestudeer, wat deur die toegepaste fisika divisie in samewerking met NECSA gerëel word. ’n Tweede halfdag skoolprogram wat sal handel oor die gebruik van “Easy Java Simulations (EJS)” in fisika onderrig en leer sal ook aangebied word.

Vir meer inligting of om te registreer, klik hier om na die konferensie webblad te gaan.



Bookmark this page: