English |  Afrikaans |    
  
Versekerings- en Aktuariële Wetenskap

Departement van Versekerings- en Aktuariële Wetenskap

Welkom aan al ons eerstejaarstudente! Ons sien uit daarna om julle op 30 Januarie om 2nm te ontmoet.


Welkom by die tuisblad van die Departement Versekerings-  en Aktuariële Wetenskap by die Universiteit van Pretoria.

Die Departement is in die bevoorregte posisie om 'n unieke studieprogram aan te bied wat studente voorberei om as aktuarisse of finansiële ingenieurs te kwalifiseer. Spesialisering in een van dié velde gebeur eers op derdejaarsvlak en word op nagraadse vlak voorgesit.

Die Departement is trots daarop dat ons studente voorberei om in die aktuariële werksplek te kompeteer. Tot en met Januarie 2012 het 210 van ons alumni  as aktuarisse gekwalifiseer.

Die Departement was die heel eerste Universiteit wat deur die Actuarial Society of South Africa  gekies is om aansoek te doen vir volle vrystellingsakkreditasie van die Society se eksamens, wat van begin 2010 af deur die Society aangebied word. Van die grootste aktuariële werkgewers praat met groot lof van oud-Tukkies en baie soek aktief studente van ons Departement as hulle aanstellings maak.

Kontak ons gerus indien jy  enige vrae oor 'n aktuariële of finansiële ingenieurswese studierigting het. Ons doel is om eerstens, jou by te staan om die regte studierigting te kies, en tweedens, om die regte universiteit vir die doel te kies.  

Huidige studente neem kennis:
Vrystellings 2011

 

Nuus

PwC ARQ Applications - 14/05/2013
Vanaf Versekerings- en Aktuariële Wetenskap

Calling all Actuarial graduates: The PwC ARQ application form is available here.

[Lees Meer]